Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
R&A vier Seve Ballesteros 10 j. ná sy dood

Die Royal and Ancient (R&A) sal op die 10de herdenking van Seve Ballesteros se dood die prestasies van dié Spaanse gholflegende vier met ’n trio van huldeblyke.

Die ontslape Seve Ballesteros word as een van gholf se grootste sterre beskou. Foto: Getty Images

Ballesteros, wenner van vyf major-titels, is in 2011 aan ’n breingewas dood.

’n Vollengte dokumentêre rolprent, wat vanjaar uitgereik word, sal handel oor sy lewe op en van die baan af, met bydraes wat deur sy familie en mede-sporthelde, onder wie Jose Maria Olazabal en Gary Player, gelewer sal word.

Die Britse Gholfmuseum by St. Andrews sal ’n 18 maande lange uitstalling aan Ballesteros se grootste oorwinnings wy, onder meer sy drie Britse Ope-titels in 1979, 1984 en 1988.

Die huldeblyke sal ook die publikasie van ’n fotoboek deur die gevierde sportfotograaf David Cannon insluit.

Seve Ballesteros in aksie in die Britse Ope in 1981. Foto: Getty Images

“Ek hoop aanhangers sal hierdie wonderlike huldeblyke terdeë geniet wat die storie vertel van hierdie charismatiese, flambojante en inspirerende gholfspeler wat ongetwyfeld een die beste van alle tye was,” sê Martin Slumbers, grootbaas van die R&A.

“Hy is ongelukkig heeltemal te jonk van ons af weggeneem en ons sal met die herinneringe tevrede moet wees. Maar watter glorieryke herinneringe is dit nie.”

’n Gedeelte van die opbrengs van die huldeblyke sal aan die Seve Ballesteros-stigting geskenk word. Dié liefdadigheid beywer hom om jongmense aan die sport bloot te stel en vir navorsing oor die behandeling van breinkanker.

Ballesteros het 87 gholftitels oor die wêreld heen gewen, 50 daarvan was in die Europese reeks. Hy was ook deurslaggewend in die oplewing van Europa se Ryderbeker-aanslag met vyf oorwinnings as ’n speler en kaptein. – Reuters

Meer oor:  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.