Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
‘Rambo’ val vas; vier houe agter Lee

Christiaan (Rambo) Bezuidenhout is weliswaar sy voorsprong in die Made in Denmark-toernooi kwyt, maar sy eerste toptien-uitslag in die Europese reeks in 31 maande is steeds binne sy bereik.

Christiaan Bezuidenhout

’n Telling van 73 in die derde ronde het dié Suid-Afrikaanse gholfspeler gister van die eerste na die gesamentlike sesde plek laat uitsak met sy telling op 204 (-12). Hy is vier houe agter die voorloper, Lee West­wood van Engeland (-16).

Westwood, ’n voormalige wêreld-nommereen, het sy goeie telling van 65 in die tweede ronde gister opgevolg met ’n ronde van 67.

Jonathan Thomson en Steven Brown, albei van Engeland, en die Belg Thomas Detry is gesamentlik in die tweede plek en blaas in Westwood se nek met hul telling op -15. Brown het gister ’n uitstekende ronde van 63 gespeel.

Die Suid-Afrikaners Erik van Rooyen en Richard Sterne is in die gesamentlike agtste plek. Hulle is een hou agter Bezuidenhout.

Van Rooyen en Sterne het albei gister 68 op hul telkaarte ingevul.

Die Suid-Afrikaner wat die beste gevaar het in die derde ronde, was Justin Walters. Sy ronde van 66 het hom na die gesamentlike 13de plek laat opskuif.

Hy sal die vierde en laaste ronde in Aarhus vandag begin met ’n agterstand van een hou agter sy landgenote Van Rooyen en Sterne.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.