Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Geld bepaal nie Koepka se PGL-besluit

Die Amerikaner Brooks Koepka, wenner van vier Grand Slam-titels, sê mededinging eerder as prysgeld sal bepaal of hy die PGA-reeks verlaat om hom by die lonende Premier Golf League (PGL) aan te sluit.

Brooks Koepka sê meer geld gaan nie sy lewe verander nie. Foto: Getty Images

Die Britse World Golf Group het sy planne vir die rebellereeks verlede maand bekend gemaak en hoop om die reeks in 2022 te begin. Die voorgestelde kompetisie sal uit 48 spelers bestaan wat in 12 spanne verdeel is en in 18 toernooie vir prysgeld van $240 miljoen meeding.

Koepka, ’n voormalige wêreld-nommereen, sê geld is nie ’n faktor wanneer hy besluit oor die PGL nie, hy wil eintlik net teen die beste spelers meeding.

“Ek gaan eenvoudig speel waar die beste spelers speel,” sê hy.

“Ek wil teen die bestes meeding, ek dink dit is hoe almal voel. Wat ook al daarvan kom, moet maar gebeur.”

Rory McIlroy, die wêreld se voorste speler, het reeds gesê hy sal nie aan die PGL deelneem nie, want hy verkies om outonomie te behou oor sy loopbaankeuses. Tiger Woods, wenner van 15 Grand Slam-titels, het op sy beurt bevestig hy is deur die PGL genader en dat sy bestuurspan die besonderhede ondersoek.

Koepka sê meer geld gaan nie sy lewe verander nie, so hy weier dat ’n geleentheid om meer te verdien bepaal waar hy besluit om mee te ding.

“Ek kan nie vir almal praat nie, maar volgens my maak geld nie saak nie,” sê Koepka, wat al meer as $30 miljoen in die PGA-reeks verdien het.

“Ek wil net gelukkig wees. Geld gaan my nie gelukkig maak nie. Ek wil net teen die bestes meeding en terselfdertyd wil ek eenvoudig gholf speel.”

– Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf  |  Brooks Koepka  |  World Golf Group  |  Pgl  |  Rory Mcilroy  |  Rebellereeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.