Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Joggie gepos ná hy toeskouer stamp
Patrick Reed (links) en sy joggie, Kessler Karain, Donderdag op die eerste dag van die Presidentebeker-toernooi in Melbourne. Karain is verbied om Sondag Reed se gholfsak op die laaste dag van die toernooi te dra. Foto: AP

Die omstrede Amerikaanse gholfspeler Patrick Reed se joggie, Kessler Karain, is uit die Presidentebeker-toernooi geskop nadat hy Saterdag ’n toeskouer by die Royal Melbourne-klub in Australië gestamp het.

Die voorval het gebeur nadat Reed en sy spanmaat Webb Simpson in die oggend se beterbal-sessie met 5 en 3 deur CT Pan en Hideki Matsuyama afgeransel is.

Die toeskouer het Reed gevloek terwyl hy en Karain, wat ook Reed se swaer is, met hul gholfkarretjie op pad terug was na die klubhuis. ’n Woedende Karain het hom toe gekonfronteer en in die proses gestamp.

Volgens Karain het die toeskouer gesê: “Jy f****n suig.”

“Ek het waarskynlik toe ook ’n paar kragwoorde gebruik,” het Karain later in ’n verklaring gesê.

Reed word nog heelweek in Melbourne uitgekoggel nadat hy verlede week in ’n toernooi in die Bahamas verneuk het deur doelbewus die posisie van sy bal in ’n sandkuil te verbeter. Hy is toe met twee houe gestraf.

Die Amerikaanse PGA-reeks, onder wie se vaandel die Presidentebeker aangebied word, het ná dese besluit dat Karain nie Sondag mag terugkeer vir die beslissende enkelspelwedstryde nie.

Reed sê hy respekteer die PGA-reeks se besluit en het bygevoeg dat hy nou net daarop fokus om die Presidentebeker vir Amerika te help wen.

Die Internasionale span, waarvan Ernie Els die kaptein is, gaan die laaste dag met ’n voorsprong van 10-8 begin. Daar word 12 enkelspel-wedstryde beslis en die span wat eerste 15½ punte op die telbord het, wen.

Die Internasionale span kon in 1999, op die einste Royal Melbourne-baan, laas met die VSA afreken. – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Presidentebeker  |  Gholf  |  Patrick Reed  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.