Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Reën ontwrig Woods se terugvegpoging

Die tweede ronde van die Amerikaanse PGA-kampioenskap by die Bellerive-buiteklub in St. Louis, Missouri, wat Vrydag weens slegte weer afgelas is, sal Saterdag hervat.

Tiger Woods / Foto: Getty Images

Vrydagmiddag was ’n donderstorm aan die broei, met reën wat kort daarna uitgesak het. Verskeie spelers was toe nog op die baan.

Die tweede ronde behoort teen laat Saterdagoggend voltooi te wees, waarna die derde ronde ’n halfuur later sal begin.

Die Amerikaner Tiger Woods het Vrydag drie voëltjies aangeteken voordat die reën sy terugvegpoging so effens in die wiele gery het, met sy landgenoot Gary Woodland wat die voorloper is.

Woods, wat 70 in die eerste ronde aangeteken het, is een van diegene wat nog sy tweede ronde moet voltooi.

Woodland het reeds die tweede ronde voltooi en spog met tellings van 64 en 66.

Soos wat sake nou staan, loop die Suid-Afrikaner Dylan Frittelli, wat nog die tweede ronde moet voltooi en 73 ná die eerste ronde op die telkaart ingevul het, die gevaar om nie die afsnypunt te haal nie.

Die Amerikaner Phil Mickelson is in dieselfde bootjie, nadat hy ook 73 in die eerste ronde aangeteken het. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf  |  Phil Mickelson  |  Dylan Frittelli
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.