Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Rory McIlroy enkele hou voor in woestyn

Noord-Ierland se Rory McIlroy sal die laaste dag van die Abu Dhabi HSBC-kampioenskap Sondag as die voorloper met ’n enkele hou begin.

McIlroy het Saterdag 67 houe aangeteken, wat ’n arend en vyf voëltjies ingesluit het, om met -13 die voortou te neem.

Rory McIlroy sal die laaste dag in Abu Dhabi as die voorloper begin. Foto: Getty Images

Die Engelsman Tyrrell Hatton het teruggesak na die tweede plek ná sy 71 Saterdag en is nou een hou agter McIlroy.

Nog ’n Engelsman, Tommy Fleetwood, is op sy beurt een hou agter Hatton.

Skotland se Marc Warren en Amerika se David Lipsky is ook nog in die stryd nadat hulle Saterdag albei 68 houe aangeteken het, wat hulle op -10 te staan gebring het.

Dit is McIlroy, sesde op die wêreldranglys, se eerste toernooi op die Europese Toer in 14 maande.

Hy mik vir sy eerste oorwinning in Abu Dhabi, waar hy volgens die BBC reeds vier keer met die tweede plek tevrede moes wees.

Suid-Afrika se Christiaan Bezuidenhout en George Coetzee sal die laaste dag albei met sewe houe onder baansyfer afslaan nadat hulle Saterdag onderskeidelik 67 en 68 aangeteken het. – Sportredaksie

Meer oor:  George Coetzee  |  Rory Mcilroy  |  Abu Dhabi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.