Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Rory-hulle gee voorsmaak van ‘nuwe normaal’
Rory McIlroy, en sy spanmaat, Dustin Johnson, vier fees nadat hulle Sondag met Rickie Fowler en Matt Wolff afgereken het in ’n skins-tweestryd ten bate van Covid-19-verligting. Foto: Getty Images

Die voorste gholfspeler ter wêreld, Rory McIlroy, en sy spanmaat, Dustin Johnson, het Sondag in Florida hul eerste oorwinning van die Covid-19-era behaal met ’n naelbytsege oor Rickie Fowler en Matthew Wolff in ’n skins-tweestryd.

Dié stryd – ten bate van Covid-19-verligting – het op ’n toeskouerlose Seminole-baan afgespeel en was tot op die 18de putjie in die weegskaal.

Die vier spelers het in kortbroeke met mikrofone gespeel en moes ook hul eie sakke dra.

Miljoene ondersteuners het wêreldwyd ingeskakel vir die eerste regstreekse gholf sedert Maart.

McIlroy het seker gemaak van die sege nadat die spanne gelyk was toe daar op die 18de blad geskud is.

Die Noord-Ier het in die uitspeelstryd op die syfer-3 17de die bal die naaste aan die vlaggie geslaan.

Rickie Fowler, Matt Wolf, Rory McIlroy en Dustin Johnson handhaaf sosiale distansiëring in Sondag se skins-wedstryd in Florida. Foto: USA Today Sports

Die vier spelers het 17 voëltjies tussen hulle behaal – sewe deur Fowler, vier vir McIlroy, drie vir Wolff, terwyl Johnson twee putjies in minder as syfer voltooi het.

Wolff het op albei putjies geseëvier waar die spelers in ’n stryd was om die bal die verste te slaan.

Hy het op die 2de sowat R1,8 miljoen verdien vir sy bofhou van 325 m en R6,3 miljoen op die 14de (336 m).

Hulle het $5,5 miljoen (sowat R100 miljoen) vir Covid-19-verligting ingesamel deur middel van borge en skenkings.

McIlroy het toegegee dit was ’n uitdaging om weer te speel en aan ’n baan sonder toeskouers gewoond te raak.

“Die bal doen vreemde goed op die Seminole-setperke, maar dit was ongelooflik lekker om weer terug op die baan te wees.”

Die bal doen vreemde goed op die Seminole-setperke, maar dit was ongelooflik lekker om weer terug op die baan te wees.
Rory McIlroy

Daar word wêreldwyd beplan vir beroepsport om in leë stadions terug te keer en dié tweestryd was ’n voorsmaak van die “nuwe normaal”.

Die PGA-reeks beplan om in Junie sy eerste toernooi sonder toeskouers te hou wanneer die Charles Schwab-uitdaagtoernooi in Forth Worth, Texas, gehou word.

Die spelers en hul joggies sal verskeie toetse voor die toernooi ondergaan.

Die Europese reeks het nog nie aangedui hoe sy skedule vir die res van die jaar gaan lyk nie. – Reuters

Meer oor:  Dustin Johnson  |  Rory Mcilroy  |  Rickie Fowler  |  Vsa  |  Nuwe Normaal  |  Covid-19  |  Liefdadigheid  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.