Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Rory kies Ierland bo Brittanje

Rory McIlroy gaan “heel waarskynlik” aan 2020 se Olimpiese Spele in Tokio deelneem en sal eerder Ierland as Brittanje verteenwoordig.

Die 30-jarige Noord-Ier kan vir albei lande meeding, ’n besluit wat hy sê hom twee jaar gelede gegrief het.

Rory McIlroy sê hy verkies om Ierland by die Olimpiese Spele te verteenwoordig. Foto: Getty Images

Die viermalige major-kampioen het die Spele in 2016 in Rio misgeloop weens kommer oor die Zika-virus, terwyl hy ook gesê het hy gaan die gholf waarskynlik nie eers kyk nie en net inskakel vir “die dinge wat saakmaak”.

“Ek is opgewonde om na die Olimpiese Spele te gaan en vir Ierland te speel,” sê McIlroy, wat sy besluit om Ierland bo Brittanje te kies as ’n “sensitiewe landskap” beskryf.

Hy beklemtoon hy beskou die vier major-toernooie as die kruin van gholf en sy besoek aan Tokio sal ’n tref-en-trap affêre wees tussendeur gereelde toernooie op die skedule.

“Ek het as seun altyd daarvan gedroom om vir Ierland te speel,” sê hy.

“So wanneer mens die Spele in berekening bring en jy ’n keuse moet maak, moet jy regtig begin dink, ‘goed, waarin glo jy en wat is jou waardes’.

“Dit dwing jou om dieper te delf. Dit is nie ’n ligtelike besluit nie, dit is iets waarin jy werklik moet glo.”

* Tiger Woods het intussen bevestig hy wil ’n Olimpiese goue medalje by sy 15 major-titels voeg.

“Wil ek graag aan die Olimpiese Spele deelneem? Ja,” sê die Amerikaner.

“Ek is seker op 43-jarige ouderdom gaan ek nie in die toekoms veel meer geleenthede kry nie. Dit sal vir my ’n eerste wees en ek sal dit werklik verwelkom indien ek vir die span gekies word.”

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Rory Mcilroy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.