Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Rory sê nee vir gholf se rebellereeks

Rory McIlroy, die wêreld se voorste speler, sal nie aan die Premier Golf League (PGL) deelneem nie, want hy verkies om outonomie te behou oor sy loopbaankeuses.

Rory McIlroy is nie van plan om hom by gholf se nuwe rebellereeks aan te sluit nie. Foto: Getty Images

Die PGL-rebellereeks beplan om met die PGA-reeks mee te ding.

Die Brits gesetelde World Golf Group het sy planne vir die PGL verlede maand bekend gemaak en hoop om die reeks in 2022 te begin. Die voorgestelde kompetisie sal uit 48 spelers bestaan wat in 12 spanne verdeel is en in 18 toernooie meeding vir die prysgeld van $240 miljoen. Geen valbylpotte sal geld nie en tien van die toernooie word vir die VSA beoog.

Die Amerikaner Tiger Woods, wenner van 15 major-titels, het verlede week bevestig hy is deur die PGL genader en dat sy bestuurspan die besonderhede ondersoek om te bepaal of dit ’n lonender alternatief is vir die PGA-reeks.

Die Noord-Ier McIlroy is die eerste topspeler om die idee prontuit te verwerp.

“Wat my betref, ek is uit. My posisie is ek is daarteen gekant totdat daar dalk ’n dag kom wanneer ek nie meer daarteen gekant kan wees nie,” sê hy.

“As almal anders gaan, sou ek dalk nie ’n keuse hê nie, maar op hierdie stadium hou ek nie van wat hulle voorstel nie.”

Hoewel die PGL sê hy wil saam met die bestaande reekse werk, het Jay Monahan, PGA-kommissaris, prontuit vir die spelers gesê hulle sal moet kies tussen die twee, terwyl Keith Pelley, uitvoerende hoof van die Europese reeks, dieselfde waarskuwing aan sy spelers gerig het.

Een van McIlroy se grootste brandpunte is dat die PGL-voorstel hom nie sou toelaat om sy eie skedule te volg nie, met spelers wat verplig sal wees om aan elke toernooi deel te neem.

“Hoe meer ek daaroor dink, hoe minder hou ek daarvan,” sê hy.

“Die een ding wat ek as beroepspeler koester, is dat ek oor die outonomie en vryheid beskik oor alles wat ek doen. As jy in hierdie ander reeks gaan speel, gaan jy nie meer daardie keuse hê nie.”

McIlroy gebruik vandeesweek se lonende WGC-Mexico-kampioenskap as ’n voorbeeld, waar groot name soos Woods, Brooks Koepka, Rickie Fowler en Justin Rose besluit het om nie aan die toernooi deel te neem nie.

“Ek het nog nooit daarvan gehou om voorgesê te word wat ek moet doen nie,” sê hy.

“Ek hou van outonomie en vryheid oor my loopbaan en ek voel ek sal dit prysgee as ek in hierdie ander reeks gaan speel.”

– Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Rory Mcilroy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.