Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Rory skuif op na 3de plek op gholf se nr. 1-lys
Rory McIlroy, die wêreld se voorste gholfspeler. Foto: Getty Images

Rory McIlroy het Nick Faldo verbygesteek as die Britse gholfspeler wat die meeste weke boaan die wêreldranglys deurgebring het – maar hy is steeds 585 weke agter die legendariese Tiger Woods.

BBCSport berig McIlroy (30) was nou in totaal vir 98 weke oor agt skofte op die kruin – een week langer as die Engelsman Faldo, wenner van ses major-titels.

Die Noord-Ier is derde op die algehele lys agter Australië se Greg Norman en Woods van die VSA.

Norman was die nommereen vir 331 weke terwyl Woods, wenner van 15 major-titels, ’n ongelooflike 683 weke boaan die ranglys deurgebring het.

McIlroy se vyfde plek by die afgelope naweek se WGC-Mexiko-kampioenskap beteken hy is verseker van sy nr. 1-posisie vir minstens nog ’n week, ’n kortkop voor die Spanjaard Jon Rahm en die Amerikaner Brooks Koepka op die ranglys.

McIlroy, wenner van vier major-titels, se terugkeer na die kruin vroeër vandeesmaand volg ná ’n afwesigheid van amper vyf jaar.

Sy langste tydperk as die nommereen was in Augustus 2014 toe hy vir 54 weke die wêreld se voorste speler was.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf  |  Nick Faldo  |  Rory Mcilroy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.