Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Rose steeds naelskraap voor by Augusta

Justin Rose geniet ’n voorsprong met ’n enkele hou voor die Meesters-debutant Will Zalatoris en Brian Harman ná afloop van die tweede ronde by die Augusta National-baan.

Justin Rose klou net-net vas aan sy voorsprong ná die tweede ronde van die Amerikaanse Meesters-toernooi. Foto: Getty Images

Rose, wat ’n maand gelede nog met rugspasmas gesukkel het, het die dag afgeslaan met ’n voorsprong van vier houe en moes diep delf om van ’n swak begin te herstel met drie voëltjies vir 72, gelyk met baansyfer, wat hom sewe onder aan die einde van die week gelaat het.

“Dit was ’n dag wat die moeite werd was vir my. En nadat ek vir ’n maand nie gespeel het nie, om myself nou skielik in ’n situasie te bevind waar ek gister was . . . Dit is nie asof ek oorloop van selfvertroue nie,” het Rose gesê.

“Dit sou altyd ’n uitdagende dag wees. Ek het aan die einde van die dag gevoel of ek ietwat gegroei het, wat goed is.”

Die 40-jarige Engelsman was sy voorsprong kwyt, maar kon met voëltjies by die 13de en 14de gaatjies sy voorsprong terugkry.

Hy was ook by die 16de suksesvol met ’n voëltjie.

Rose gaan egter skouer aan die wiel moet sit met verskeie spelers wat voordeel sal wil put uit die gunstige toestande om hulself weer in die wedloop te plaas.

Zalatoris (68), ’n 24-jarige Amerikaner wat laat toegang tot die Meesters-toernooi gekry het met sy ranglysposisie wat onder die voorste 50 is, het drie agtereenvolgende voëltjies behaal om die tweede plek in te neem, voordat Harman (69) by hom aangesluit het met voëltjies op die laaste twee gaatjies.

Jordan Spieth (68), wat by die Augusta opgedaag het vars van sy oorwinning verlede week, deel die vierde plek met die Australiër Marc Leishman (67).

“Ek is bly dat hierdie gholfbaan die geleentheid skep om al hoe moeiliker te speel oor die naweek,” het Spieth gesê.

“Ek sien uit na daardie soort uitdaging en ek dink dit kan in my guns tel as ek beheer oor die bal het.”

Charl Schwartzel, wat in 2011 die derde Suid-Afrikaner geword het om ’n Meesters-toernooi te wen, is in die gesamentlike 32ste plek met sy 71, een onder baansyfer, wat hom nou algeheel met een oor baansyfer laat.

Christiaan Bezuidenhout kon nie sy goeie eerste dag (70) met nog ’n uithalervertoning opvolg nie en het die tweede ronde afgesluit in die gesamentlike 40ste plek ná sy 76, vier oor baansyfer.

Louis Oosthuizen daarenteen het sy sukkel-vertoning op die eerste dag (76) opgevolg met ’n uitstekende ronde van 70, twee onder baansyfer. – Reuters, Sportredaksie

Klik hier vir 'n regstreekse voorlopersbord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.