Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Bjorn kies hardebaarde vir Ryderbeker
06 September 2018

Thomas Bjorn, kaptein van Europa se Ryderbeker-gholfspan, het ’n hoë premie op ervaring geplaas toe hy Paul Casey, Sergio Garcia, Ian Poulter en Henrik Stenson as sy vier kapteinskeuses aangewys het.

Agt spelers, wat vyf groentjies insluit, was reeds seker van ’n plek in die span.

Met Poulter en Casey se insluiting is daar nou vyf Engelsmanne in die span.

Europa sal aan die einde van die maand op die Le Golf National-baan in Parys probeer om die Ryderbeker terug te wen teen die VSA.

Amerika het die beker in 2016 by Hazeltine in Minnesota gewen – die eerste keer sedert 2008.

Die 42ste Ryderbeker-kompetisie vind van 28 tot 30 September plaas.

Europa: Justin Rose, Francesco Molinari, Tyrrell Hatton, Tommy Fleetwood, Jon Rahm, Rory McIlroy, Alex Noren, Thorbjorn Olesen, Paul Casey, Sergio Garcia, Ian Poulter, Henrik Stenson. – Reuters

Meer oor:  Parys  |  Thomas Bjorn  |  Europa  |  Ryderbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.