Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Ryderbeker nog buite bereik vir Stenson, Garcia
Die Sweed Henrik Stenson kan dalk die Ryderbeker misloop as hy nie ’n reddingsboei kry nie. Foto: Getty Images

Die major kampioene Henrik Stenson en Sergio Garcia se vertonings in die Wyndham-kampioenskap in die PGA-reeks gaan hulle nie help om Europa se Ryderbekerspan te haal nie.

Stenson, van Swede, het Sondagaand 20ste klaargemaak, wat beteken dat hy nie outomaties vir die Europese span gekies sal word nie.

Die Ryderbeker word van 28-30 September in Parys, Frankryk, gespeel.

Die Spanjaard Garcia het gesamentlik 24ste geëindig en kon vir die eerste keer in sy loopbaan nie daarin slaag om die PGA-reeks se FedEx-beker se uitspeeltoernooie te haal nie.

Dit beteken Europa sal waarskynlik sonder Stenson en Garcia, twee van die grootste name in gholf, moet klaarkom tensy hulle een van Thomas Bjorn, kaptein, se keuses vir die span is.

Hoewel Stenson ’n steil bult het om te klim het hy Sondag gefokus op die positiewe.

“Dit was nie regtig die week waarop ek gehoop het nie, maar ek het ’n paar goeie houe met my ysters geslaan. Ek het die laaste paar weke met my setstok gesukkel, so dit was lekker om ’n paar vandag (Sondag) in te rol.”

Die voorste agt Europese spelers op die Ryderbeker se puntelys sal outomaties vir die toernooi kwalifiseer, met Bjorn wat dan vier spelers kan kies.

Die voorste agt spelers op die huidige Europese puntelys is Francesco Molinari, Tommy Fleetwood, Justin Rose, Tyrrell Hatton, Jon Rahm, Rory McIlroy, Alex Noren en Ian Poulter.

Tensy Stenson volgende week se Northern Trust-toernooi in New Jersey wen sal hy afhanklik van Bjorn wees vir ’n plek in die span.

“Ek probeer maar om op my spel te fokus. Daar is dinge wat goed werk en aspekte wat bietjie meer aandag nodig het. Ons sal probeer om dit in die komende weke uit te sorteer.”

Garcia was Sondag in die Wydham-kampioenskap slegs vier houe agter die voorlopers toe hy afgeslaan het, maar het gestruikel en ’n 70 aangeteken.

’n Sterker vertoning sou hom vir die FedEx-beker laat kwalifiseer het, maar Garcia het die seisoen in die 131ste plek afgesluit.

Slegs die voorste 125 spelers kwalifiseer vir die uitspeelreeks.

Brandt Snedeker, wat in die eerste ronde van die toernooi ’n 59 aangeteken het, is Sondag as die Wyndham-kampioen gekroon. Hy het die toernooi op 21 houe onder baansyfer klaargemaak en was drie houe voor sy naaste teenstander. - Reuters

Meer oor:  Henrik Stenson  |  Sergio Garcia  |  Ryderbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.