Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
'Gaapfees' sonder toeskouers

’n Ryderbeker-stryd sonder toeskouers sal die toernooi ’n gaapfees maak, sê Steve Stricker, kaptein van die Amerikaanse span.

Steve Stricker, kaptein van Amerika se Ryderbekerspan. Foto: Getty Images

Die gholfkalender is heeltemal omvergewerp weens die koronavirus-pandemie, wat meegebring het dat drie major-toernooie tot later die jaar uitgestel en die Britse Ope gekanselleer is.

Die tweejaarlikse Ryderbeker-toernooi tussen Amerika en Europa is veronderstel om van 25 tot 27 September op die Whistling Straits-baan in Wisconsin plaas te vind, maar dit is hoogs onwaarskynlik dat toeskouers toegelaat sal word.

“Dit is die toeskouers wat die toernooi maak. Sonder hulle sal dit ’n saai affêre wees,” het Stricker aan Golf Affect Radio gesê.

“Dit sal ’n misdaad wees om die Wisconsin-gholfliefhebbers so in te doen. Ek hoop hulle sal teenwoordig kan wees as die toernooi plaasvind. Sover is die plan dat dit wel sal gebeur, maar daar is vanselfsprekend struikelblokke.”

Daar word verwag dat die Amerikaanse PGA-reeks en die Europese reeks vandeesmaand sal besluit of die toernooi gehou word.

Rory McIlroy, nommer een op die wêreldranglys, het onlangs gesê dit is nie sinvol om die toernooi agter geslote deure te laat plaasvind nie en dit sal die regte besluit wees om dit uit te stel.

Meer as 106 000 mense is reeds in Amerika dood weens Covid-19. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Gholf  |  Steve Stricker  |  Covid-19  |  Ryderbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.