Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Ryderbeker-stryd staan oor tot 2021

Vanjaar se Ryderbeker-kragmeting tussen Europa en Amerika gaan tot 2021 uitgestel word, met aanstaande jaar se Presidentebeker-toernooi wat noodgedwonge ook ’n jaar aangeskuif sal moet word weens die koronaviruspandemie.

Steve Stricker, kaptein van Amerika, en Padraig Harrington, kaptein van Europa, sal tot volgende jaar moet wag om mekaar die stryd om die Ryder-beker aan te sê. Foto: Getty Images

Die tweejaarlikse Ryderbeker-stryd sou van 25 tot 27 September by Whistling Straits in Wisconsin beslis word en sal nou in dieselfde tydgleuf in 2021 plaasvind.

Die 2022-toernooi, wat in Rome plaasvind, sal ook ’n jaar later gehou word, berig ESPN.

Daar word verwag dat die PGA-reeks en die Europese reeks die besluit in ’n gesamentlike verklaring sal aankondig.

Met ondersteuners wat in alle waarskynlikheid nie die Ryderbeker-toernooi sou kon bywoon nie, het verskeie topspelers, onder andere die voorste speler op die wêreldranglys, Rory McIlroy, die afgelope ruk gevra dat dit tot volgende jaar uitgestel word.

Die Presidentebeker-toernooi, wat elke tweede jaar tussen die Amerika en ’n Internasionale span beslis word, sou van 30 September tot 3 Oktober 2021mby die Quail Hollow-baan in Charlotte, Noord-Carolina, gespeel word.

* Die R&A, organiseerders van die Britse Ope vir vroue, het intussen aangekondig dat vanjaar se toernooi in Augustus sonder toeskouers sal plaasvind.

Dié toernooi, die eerste major vir vroue vanjaar, vind van 20 tot 23 Augustus by Royal Troon plaas.

“Die Ope is belangrik vir die welslae van vrouegholf. Ons het nou met ons borge en Royal Troon saamgewerk om dit moontlik te maak dat die kampioenskap in ’n veilige omgewing kan plaasvind,” sê Martin Slumbers, die R&A se uitvoerende hoof, in ’n verklaring.

“Ons glo dit is belangrik dat die toernooi beslis word, want dit is ’n omvangryke stap vir spelers wat vanjaar baie min geleenthede gehad het.”

Die Britse Ope vir mans, wat volgende week by Royal St George’s in Kent sou plaasgevind het, is vroeër vanjaar weens die pandemie gekanselleer. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Gholf  |  Covid-19  |  Ryderbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.