Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
SA gholf-wonderkind (8) wys slag in VSA

’n Agtjarige tjokkertjie van Athlone gaan die Suid-Afrikaanse vlag trots laat wapper wanneer hy vandeesweek die wêreld se beste jong gholfspelers in Amerika die stryd aansê.

Traigh Pathon oefen sy plofhoue uit ’n sandkuil. Foto: Verskaf

Traigh Pathon, ’n fenomeen wat reeds groot sukses in oorsese toernooie behaal het, sal van 2 tot 4 Augustus by die beroemde Pinehurst-gholfklub in Noord-Carolina sy slag wys in die Amerikaanse gholfkampioenskap vir kinders.

Sowat 1 400 kinders gaan meeding om die mees prestigeryke gholfkroon vir spelers van 12 jaar of jonger.

Hoewel hy net 8 jaar oud is, het Traigh in Mei gesamentlik negende geëindig in die Euro-kinderkampioenskap – ’n driedaagse toernooi in Skotland. Hy het slegs ses houe swakker as die wenner gevaar.

Traigh spog ook met ’n sewende plek in die Maleisiese Ope vir kinders.

Sporttalent bruis behoorlik in dié jongeling se are. Sy pa, David van Schalkwyk, wat ook sy joggie is, is ’n voormalige sokkerspeler, terwyl sy oom, Jerome Pathon, groot sukses as ’n Amerikaanse voetbalspeler behaal het.

Traigh het reeds op 14 maande sy eerste gholfbal geslaan, terwyl hy op vier sy eerste volle ronde gholf voltooi het.

Hy is die jongste lid van die Royal Cape-gholfklub in Kaapstad.

Volgens Traigh is die Amerikaner Justin Thomas die beroepspeler wat hy die graagste sal wil nadoen. “Ek het verskillende rolmodelle op verskillende tye, maar ek hou van Justin Thomas, want hy’s klein, maar slaan die bal die verste (in die Amerikaanse PGA-reeks).”

As hy vier spelers kan kies om ’n ronde mee te speel, sal dit Tiger Woods, Jordan Spieth, Dustin Johnson en Gary Player wees. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.