Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
‘SA se DeChambeau’ mik na driekuns

Sommige van die Sonskynreeks se beroepspelers verwys na hom as die Bryson DeChambeau van dié gholfreeks en Daniel van Tonder se unieke benadering tot sy loopbaan begin vrugte afwerp.

Daniel van Tonder sal vandeesweek ook sy spiere in die eindtoernooi van die Rise Up-reeks wil bult. Foto: Gallo Images

Hy mik vandeesweek in Vodacom se Reloaded-kampioenskap by Huddle Park in Johannesburg na ’n driekuns.

Dit is die laaste toernooi in die Sonskynreeks se Rise Up-reeks.

Hy het vroeër die African Bank-toernooi en Vodacom se Unlocked-toernooi gewen.

“Ek is nog altyd gelukkig om my eie ding te doen,” sê Van Tonder, wie se swaai ’n groot besprekingspunt onder die beroepspelers is.

Nie net is dit kragtig nie, maar hy laat ’n grom uit wanneer hy die bal tref. Hy het ook tydens die inperkingstyd begin om te vas en hy beskou dit as ’n groot deel van sy sukses op die skoonvelde.

Jaco Ahlers glo dis Van Tonder se benadering tot die spel wat hom tans so suksesvol maak.

“Sy swaai is sy eie, maar hy herhaal dit goed en dit is wat nodig is. Hy is op ’n goeie plek en baie gemaklik met homself en sy spel.”

Darren Fichardt is nog ’n wenner in die Rise Up-reeks wat vandeesweek deelneem by Huddle Park. Hy het die eerste toernooi in Suid-Afrika ná die hervatting van beroepsgholf, die Betway-kampioenskap, gewen.

Fichardt se swaai kom ook nie uit ’n handleiding nie.

“My swaai is nie soos voorgeskryf word nie en baie mense het my afgeraai om ’n beroepspeler te word. Namate ek sukses begin behaal het, het mense my gevra hoe gaan ek ’n bestaan kan maak met ’n swaai soos wat ek het.

“Gelukkig het ek nie my ore uitgeleen nie en het ek ’n benadering dat water van ’n eend se rug loop.”

Met vandeesweek se toernooi kom Betway se “voëltjie-uitdaging” ook tot ’n einde. Ahlers is die voorloper met 57, met Fichardt en Van Tonder in ’n groep op 55, wat hom jaag. Die speler wat die meeste voëltjies het ná hierdie toernooi, wen R25 000, tweede plek kry R15 000 en daar is R10 000 vir die derde plek. – Michael Vlismas Media

Meer oor:  Daniel Van Tonder  |  Gholf  |  Bryson Dechambeau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.