Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
SA se Europese gholfseisoen uitgestel
Suid-Afrikaanse gholf voel ook die impak van die Covid-19-pandemie. Foto: Getty Images

Die Europese Uitdaag- en Sonskynreeks het Woensdag weens kommer oor Covid-19 drie gesamentlike toernooie uitgestel wat volgende maand in Suid-Afrika sou plaasvind. 

Die Europese Uitdaagreeks se Suid-Afrikaanse been sal nou in die week van 22 tot 25 April begin, met die toernooi en sy gasheer wat later aangekondig word.

Dit word gevolg deur die Kaapstad-ope by die Royal Cape-gholfbaan van 29 April tot 2 Mei en die Dimension Data Pro-Am by Fancourt van 6 tot 9 Mei.

“Ons het die huidige stand van sake wat betref die styging van koronavirusgevalle wêreldwyd in ag geneem en ons eie gesondheidskenners geraadpleeg. Ons glo die verantwoordelike ding om te doen is om hierdie toernooi uit te stel,” sê Thomas Abt, grootbaas van die Sonskynreeks.

“Die veiligheid van ons lede en personeel is ons eerste prioriteit.”

– Reuters

Meer oor:  Sonskynreeks  |  Gholf  |  Europese Reeks  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.