Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Frittelli voor in Amerikaanse Meesters

Dylan Frittelli het die Suid-Afrikaanse vlag Vrydag trots op Augusta National in die Amerikaanse deelstaat Georgia laat wapper.

Dié gebore Johannesburger het die eerste ronde in die Amerikaanse Meestersgholftoernooi in ’n skitterende 65 houe – sewe minder as die baansyfer – voltooi en was saam met Paul Casey en Dustin Johnson die gesamentlike voorloper.

Die Suid-Afrikaner Dylan Frittelli skitterend op dreef in die eerste ronde van die Amerikaanse Meesterstoernooi op Augusta National in Georgia. Foto: AP

Frittelli, wat sy tweede ronde Vrydag moes voltooi nadat swak weerstoestande ’n groot hap uit Donderdag se spel geneem het, het altesaam ses voëltjies en ’n arend ingeryg en slegs een brouhou (op die syfer-3 12de putjie) aangeteken.

Dié 30-jarige speel vanjaar in sy tweede Meesterstoernooi. Hoewel hy met sy vorige verskyning, in 2018, nie die afsnypunt kon haal nie, het hy met ’n kolhou vir ’n hoogtepunt gesorg.

Louis Oosthuizen (68) en Christiaan Bezuidenhout (69) was die ander Suid-Afrikaners wat stewig in die eerste ronde vertoon het.

Charl Schwartzel, ’n voormalige draer van die groen baadjie, het met ’n 73 (+1) weggespring en Justin Harding met ’n 75. Erik van Rooyen (76) het hom ná die eerste ronde aan die toernooi onttrek.

Frittelli sal ’n bietjie later Vrydag met sy tweede ronde wegtrek.

Die laaste Suid-Afrikaner wat ná die eerste ronde voorgeloop of die voortou gedeel het, Trevor Immelman, is vanjaar deel van die kommentaarspan by die Meesters. – Sportredaksie

Klik hier vir die voorlopersbord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.