Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
San Francisco se weer, ruveld bepalend
Oog op die bal. Tiger Woods soek sy 16de major-titel in San Francisco. Foto: Getty Images

Tiger Woods voorspel die koel en mistige San Francisco-weer kan ’n ewe groot uitdaging wees as die TPC Harding Park-baan se welige ruveld, wanneer die 102de PGA-kampioenskap Donderdag begin.

Woods het as ’n student aan die Universiteit van Stanford dikwels in die middel-90’s in dié streek gespeel.

“Ek ken die mis wat soos ’n kombers oor die baan kom hang. Dit sal ook aansienlik koeler wees as in Florida (waar Woods bly) en ek sal moet toesien dat my rug warm bly.”

Woods sukkel soms ná ’n operasie met ’n stram rug in koue weer.

“Ek moet warm bly en ek besef ek sal nie die bal heeltemal so ver kan slaan soos in Florida nie. Dit is nou maar net hoe dit is.”

Die kenmerkende mistigheid in San Francisco sal van die spelers verg om goeie oordeel te hê met veral hulle naderhoue na die setperke toe.

“Die baan sal sonder twyfel langer speel, ongeag of die wind waai of nie.

“Ek onthou dit van al die kere dat ek hier in toernooie gespeel het.

Moet ook nie van die ruveld vergeet nie. Hulle het die skoonvelde bietjie nouer gesny en die ruveld is lank en welig.
Tiger Woods

“Dit lyk asof daar mistige, koel en winderige weer voorspel word en ons sal die beste van die toestande moet maak.

“Moet ook nie van die ruveld vergeet nie. Hulle het die skoonvelde bietjie nouer gesny en die ruveld is lank en welig.”

Die 44-jarige Woods is gevra of hy oorgehaal is om dié major-toernooi ’n vyfde keer te wen.

“Natuurlik,” het hy met ’n groot glimlag geantwoord.

Brooks Koepka is ’n ander speler wat vol selfvertroue is.

Die verdedigende kampioen sê hy kan ’n seldsame driekuns in die kampioenskap behaal as hy speel soos wat hy kan.

Walter Hagen het die kampioenskap vier keer agtereenvolgens gewen van 1924 tot 1927 toe dit nog ’n putjiespel-toernooi was.

“Ek het op die oomblik baie selfvertroue, maar ek wil nie hê dat my verwagtinge dit oorskadu nie.

“Die plan is om te speel soos wat ek kan. Kry ek dit reg, behoort ek te wen.”

Brooks Koepka speel ’n hou in digte mis op die TPC Harding Park-baan waar die PGA-kampioenskap die naweek plaasvind. Foto: Getty Images

Koepka sê die baan pas hom.

“Jy moet die bal ver kan slaan en jy moet akkuraat wees. “Ek sien uit na die uitdaging.”

Hy sal in die eerste twee rondes die Amerikaanse Ope-kampioen, Gary Woodland, en Shane Lowry, die Britse Ope-kampioen, as geselskap hê.

Die nuwe nommer een op die wêreldranglys, Justin Thomas, het aan gholfskrywers gesê hy het sover in major-toernooie onderpresteer.

Dié 27-jarige het die PGA-kampioenskap in 2017 op die Quail Hollow-baan verower.

“Jy kan seker sê ek moes al vroeër ’n grote gewen het.

“Dit is boonop moeiliker om ’n tweede een te wen as wat dit was met die eerste een.”

Hy speel die eerste twee dae saam met die 15-malige major-wenner Woods en die Noord-Ier Rory McIlroy, wat al in vier major-toernooie geseëvier het. – Reuters

Vernaamste afslaantye in eerste ronde (SA tyd):

16:22: Sung Kang, John O’Leary, Dylan Frittelli (SA).

16:33: Erik Van Rooyen (SA), Russell Henley, Carlos

Ortiz.

17:11: Brooks Koepka, Gary Woodland, Shane Lowry.

17:22: Jordan Spieth, Dustin Johnson, Justin Rose.

17:33: Tiger Woods, Rory McIlroy, Justin Thomas.

17:44: Louis Oosthuizen (SA), Max Homa, Matt Fitzpatrick.

17:55: Abraham Ancer, Charl Schwartzel (SA), Joohyung Kim.

21:30: Tyler Duncan, J.R. Roth, Christiaan Bezuidenhout (SA).

21:52: Jim Herman, Rob Labritz, Shaun Norris.

22:47: Rickie Fowler, Bryson DeChambeau, Adam Scott.

22:58: Jon Rahm, Phil Mickelson, Sergio Garcia.


TV-tye:

Donderdag: 16:00 (SS 1, SS 5).

Vrydag: 16:00 (SS 1, SS 5).

Saterdag: 17:00 (SS 1).

Sondag: 16:00 (SS 1).


Meer oor:  Brooks Koepka  |  Tiger Woods  |  San Francisco  |  Vsa  |  Pga  |  Beroepsreeks  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.