Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Sege vir David Law danksy arend

Die Skot David Law het met ’n skitterende arend op die 18de putjie met die wentjek in die Vic Ope-gholftoernooi in Barwon Heads, Australië, weggestap toe hy met een hou geseëvier het.

Die onbekende Skot David Law het in die Vic Ope-gholftoernooi sy eerste oorwinning in die Europese reeks beklink toe hy ’n arend op die 18de putjie aangeteken het. Foto: Getty Images

Dit was die 27-jarige Law se debuutsege in die Europese reeks.

Hy het die toernooi met ’n rondte van 66 op die 13th Beach Golf Links-baan afgesluit vir ’n telling van 270 – 18 houe beter as die baansyfer.

Law het met sy arend die titel voor die Aussies Wade Ormsby en Brad Kennedy weggeraap.

Hy het die vierde ronde met ’n agterstand van drie houe agter die oornagvoorloper Ormsby begin.

Law het op die laaste putjie danksy ’n puik naderhou ’n sethou van sowat tien voet vir ’n arend gehad.

Hy het geen fout gemaak nie en het daarmee groot druk op Ormsby geplaas.

Ormsby het se aanslag het gou getaan toe hy twee brouhoue op die voorlaaste putjie gemaak het.

Hy het op die syfer-3 17de sy bofhou links getrek en kon uiteindelik nie ’n sethou inrol om net een hou aan syfer af te staan nie.

Die Aussie het op die laaste putjie ’n lang sethou vir ’n arend, wat hom sou verseker het van ’n uitspeelstryd met Law, verbrou.

“Ek het op die laaste bof gestaan en vir my joggie gesê ek móét ’n arend maak,” het Law gesê kort nadat hy ’n wentjek van A$1,5 miljoen (sowat R14,4 miljoen) in ontvangs geneem het.

“Ek het in daardie stadium net gehoop om alleen tweede te kom. Om so te kon eindig was ongelooflik.”

Justin Harding van Suid-Afrika het self ’n goeie 68 op sy telkaart ingevul en het twee houe agter Law in die vierde plek geëindig.

Die Johannesburger Thomas Aiken was met ’n toernooitelling van 280 (–8) gesamentlik 24ste. – AFP

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.