Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Sergio ook ’n voorstander van kortbroeke

Sergio García wil hê manlike beroepsgholfspelers moet ook toegelaat word om kortbroeke te dra in toernooie sodat die professionele spel meer in voeling met die miljoene amateurs wêreldwyd kan kom.

Sergio García vandeesweek in ’n oefenronde vir die Australiese Ope-gholftoernooi in Sydney. Foto: Getty Images

Dié voormalige Amerikaanse Meesterskampioen het Woensdag gesê hy het Maandag ’n kortbroek in die oefenronde van die Australiese Ope gedra en beamptes het hom daaraan herinner dat hy ’n langbroek in die pro-am en in die toernooi moet dra.

Meer as ’n eeu se tradisie en etiket het verlede week tot ’n einde gekom toe spelers in die Alfred Dunhill-toernooi op Leopard Creek by Malelane toegelaat is om weens die versengende hitte kortbroeke te dra.

“Ek het al dikwels gesê dat as ons in kortbroeke kan speel, sal dit ons nader aan die amateurs bring,” het die Spanjaard in die Australian-gholfklub gesê.

“Op ’n gewone gholfbaan dra 90% van die spelers kortbroeke. Ek glo dit sal nog vir die beroepspelers toegelaat word, maar ek weet nie wanneer nie.”

García, wat hierdie week 20 jaar as ’n beroepspeler vier, speel in sy eerste Australiese Ope.

“Die name van die wenners is baie indrukwekkend met Jack Nicklaus, Gary Player en Arnold Palmer op die trofee. Dit wys jou van watter gehalte hierdie toernooi is,” sê hy.

“Dit is jammer dat ek nog nie voorheen hier gespeel het nie en ek is al amper 40 jaar oud. Ek is opgewonde om hier te wees en goed te kan speel,” sê hy.

Branden Grace, geklee in ’n kortbroek, verlede week in die Alfred Dunhill-toernooi in Malelane. Foto: Getty Images

Die temperature kan vandeesweek in Sydney styg tot die vlak wat dit by Leopard Creek was, maar García is meer bekommerd oor die wind wat kwaai kan waai.

“Dit is ’n uitstekende gholfbaan en indien die toestande goed is, kan jy lae tellings aanteken, want dit is nie baie lank nie,” sê hy.

“Kry jy egter soos gewoonlik wind, word die klein setperke baie klein teikens en moet jou naderhoue baie akkuraat wees,” sê hy.

– Reuters

Meer oor:  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.