Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Snedeker speel magiese ronde by Wyndham

Die Amerikaanse gholfspeler Brandt Snedeker het Donderdag in die Wyndham-kampioenskap sy naam in die geskiedenisboeke verewig toe hy ’n magiese 59 houe in die eerste ronde aangeteken het.

Dit was slegs die 10de keer wat ’n speler in die PGA-reeks ’n telling van minder as 60 houe aangeteken het.

Brandt Snedeker het Donderdag slegs die 10de speler geword om ’n 59 in die PGA-reeks aan te teken. Foto: Getty Images

Hy het ná sy ronde, wat 11 houe onder die baansyfer was, belowe om sy aanvallende spelpatroon te behou. Die toernooi is bekend vir sy lae wentellings.

Snedeker se baanrekord het aan hom ’n voorsprong van vier houe teen sy landgenote Ryan Moore en John Oda by die Sedgefield-buiteklub gegee.

Snedeker (2007) en Moore (2009) het albei hul eerste PGA oorwinnings by Wyndham behaal.

“Die 59 beteken absoluut niks in die groter prentjie van die toernooi nie, want ons moet nog baie speel,” sê Snedeker.

“Tellings van 18 tot 24 onder baansyfer is geneig om hier te wen, so ek moet nog baie voëltjies aanteken.”

Die Sweed Henrik Stenson het in 2017 ’n rekord in die toernooi opgestel toe hy met ’n telling van 22 houe minder as baansyfer gewen het. In 2016 het die Suid-Koreaan Kim Si-woo gewen op 21 onder baansyfer.

Die 59 beteken absoluut niks in die groter prentjie van die toernooi nie, want ons moet nog baie speel
Brandt Snedeker

Snedeker het sy 59 behaal ondanks ’n brouhou op die eerste putjie. Sy arend en 10 voëltjies het vergoed vir sy stadige begin.

Jim Furyk, kaptein van Amerika se Ryderbeker-span, het ’n 65 aangeteken. Furyk hou die PGA-reeks se rekord op 58 houe en het ook al ’n 59 aangeteken.

Furyk moet ook die spelpeil van ’n aantal spelers assesseer voor hy sy vier kapteinleuses uitvoer om sy span, bestaande uit 12 spelers, vol te maak. Snedeker is een van die spelers wat op so ’n keuse hoop aangesien hy nie die eerste agt gehaal het nie. Furyk het tot dusver geen geheim daarvan gemaak dat hy ’n voorstander is van die huidige peil nie.

Snedeker, wat ’n stil 2018 het, was tot dusver nie op enigiemand se radar nie en is 37ste op die Ryderbeker se ranglys.

“Dit maak vir seker nie sy kanse seer om ’n 59 aan te teken nie,” het Furyk gesê toe hy oor Snedeker se kanse uitgevra is.

“Ons soek ouens wat goed speel. Hy speel ongelooflik op die oomblik, so die truuk vir hom sal wees om te rus, ontspan en môre weer van voor af te begin.” - Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.