Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Sorenstam sê sy keer nie voltyds terug na LPGA

Annika Sorenstam sê sy sien ná ’n afwesigheid van 13 jaar daarna uit om in vandeesweek se LPGA-toernooi in Florida mee te ding, maar die wenner van 10 major-toernooie beplan nie om voltyds terug te keer nie.

LAKE BUENA VISTA, FLORIDA - JANUARY 22: Annika Sor
Die Sweedse gholflegende Annika Sorenstam speel vandeesweek vir die eerste keer in 13 jaar in ’n beroepstoernooi. Foto: Getty Images

“Ek het geen ander planne nie (om in ander LPGA-toernooie te speel),” sê die 50-jarige Sorenstam.



“Ek was 13 jaar lank buite aksie. Ek het nie meer die honger van destyds nie. Ek is eenvoudig opgewonde om te speel en my stokke te swaai.”

Sy sê wanneer ’n mens ouer word, verander jou prioriteite.

“Myne is om ’n ma, eggenoot en sakevrou te wees. Die LPGA is ’n groot deel van my lewe, maar dit is nie hoekom ek hier is nie, nie om meer te skep nie.”

Sy sê sy wil bloot begin oefen en haarself gereed kry. 

“Wanneer ek later vanjaar (in die Amerikaanse Ope) speel, wil ek voel dat ek kan meeding. Om dit te vermag, moet jy weer tussen die toue inklim.” 

Die agtmalige LPGA Speler van die Jaar se laaste oorwinning was by die Michelob Ultra-ope by Kingsmill in 2008.

Sorenstam en Suid-Afrika se Gary Player is verlede maand gekritiseer vir hul besluit om die presidensiële medalje van vryheid by Donald Trump te ontvang. Die seremonie het agter geslote deure plaasgevind ’n dag nadat betogers die kongresgebou in Washington bestorm het. 

Sorenstam sê volgens haar het sy eenvoudig ’n afspraak by die Withuis nagekom. – Reuters 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.