Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Spelers verdeeld oor toeskouers

Rory McIlroy mis die toeskouers en het enkele ure nadat die Aussie Adam Scott hom weens ’n positiewe Covid-19-toets aan die Zozo-kampioenskap onttrek het, gesê hy is gereed om weer skares op die gholfbaan te sien.

Bring die toeskouers terug, meen Rory McIlroy. Foto: Getty Images

Dié Noord-Ier sal nie toeskouers op vandeesweek se toernooi by die Sherwood-buiteklub in Thousand Oaks, Kalifornië, sien nie, maar die volgende twee byeenkomste op die PGA-skedule – die Bermuda-kampioenskap en Houston Ope, beplan albei om ’n beperkte aantal besoekers te verwelkom.

Phil Mickelson is egter baie bekommerd oor die vooruitsig van toeskouers en sê hul teenwoordigheid in Houston sal hom dalk noop om hom te onttrek.

“Ek dink ek is nou meer gemaklik daarmee as in Julie toe ons die Memorial met toeskouers sou speel,” sê McIlroy. “Ek dink almal was destyds nog ’n bietjie skepties daaroor. Maar ek dink nou weet ons ’n bietjie meer oor Covid-19 en wat dit doen, die simptome, hoe om dit te behandel.”

Verskeie spelers is al positief getoets, insluitende die wêreldnommereen, Dustin Johnson. Hy is steeds in selfafsondering en sal die Zozo-toernooi misloop, maar hy ly nie aan ernstige simptome nie.

“Dit is moeilik, want volgens die demografie van die spelers, as hulle besmet word, sal daar waarskynlik niks gebeur nie, want hulle is redelik jonk en fiks,” sê McIlroy.

“Hulle mag dalk vir ’n paar dae simptome hê, maar vinnig herstel en piekfyn wees.”

Phil Mickelson is nie mal oor die idee om toeskouers weer op gholftoernooie toe te laat nie. Foto: Getty Images

Mickelson, wat in Junie sy 50ste verjaardag gevier het, meen die teenwoordigheid van toeskouers bring onnodige risiko’s, veral met die Meesters wat van 12 tot 15 November beslis word.

“Ek dink hulle sal goeie, veilige werk daarvan maak om 2 000 mense op die Houston Ope te verwelkom,” sê dié wenner van drie Meesters-titels.

“Maar ek is persoonlik nie ten gunste van die risiko om hulle daar te hê ’n week voordat die Meesters beslis word nie.

“Dus wonder ek nog of ek in Houston wil speel.”

– Reuters

Meer oor:  Meesters  |  Gholf  |  Phil Mickelson  |  Pga  |  Rory Mcilroy  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.