Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Spieth kan nou altyd gratis hare sny

’n Haarkapper was so beïndruk met die fooitjie wat die Amerikaanse gholfspeler Jordan Spieth hom gegee het, dat hy onderneem het om Spieth se hare vir die res van sy lewe gratis te sny.

Jordan Spieth hoef nie meer vir ’n haarsny te betaal nie. Foto: Getty Images

Spieth (24) het die dorpie Carnoustie Saterdag vir ’n haarsny besoek, enkele ure voor hy afgeslaan het in die derde ronde van die Britse Ope.

Spieth, wat reeds sowat £30 miljoen in sy loopbaan verdien het, het agterna gespot dat die haarkapper, Fryad Salimi, hom ’n tipiese Britse haarsny gegee het.

“Dit was veronderstel om te wees soos wat ek altyd my hare laat sny, maar hy (Salimi) het korter gegaan. Dit was geskeer aan die kante en bietjie langer bo.”

Salimi het egter aan The Daily Telegraph gesê dat Spieth gevra het vir ’n nommer drie of vier aan die kante en net om dit ’n bietjie korter te sny.

“Hy het gesê dat ek hoër op gesny het as waaraan hy gewoond is, maar hy is van Amerika en dit is hoe ons dit in die Skotse somer doen,” sê Salimi.

“Ek het gedink dit is Spieth, maar ek was te skaam om te vra. Ek het besluit om hom soos enige ander klant te hanteer.

“Hy het my £20 vir ’n haarsny wat £9 gekos gegee. Dit is die grootste fooitjie wat ek nog gekry het. Gewoonlik kry ons net £1 of £2. As hy ooit wil terugkom is hy gewaarborg van ’n gratis haarsny en skeer vir die res van sy lewe,” sê Salimi. – Sportredaksie

Meer oor:  Gholf  |  Britse Ope  |  Jordan Spieth  |  Carnoustie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.