Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Spieth ook in Houston kluts kwyt
Jordan Spieth

Die Amerikaanse gholfspeler Jordan Spieth se nagmerrie-spelpeil het in die Houston Ope voortgeduur toe hy rondes van 73 en 71 houe (144) in die eerste twee rondes aangeteken het en nie kon kwalifiseer om verder te speel nie.

Met slegs ’n paar dae oor voor dié week se Amerikaanse Meesters is dit slegte nuus vir een van die wêreld se talentvolste, maar mees onbestendige spelers.

Spieth kon juis nie in die eerste vier toernooie ná die hervatting van die PGA-reeks ná die Covid-19-pandemie tussen die top-35 spelers eindig nie.

Hy kon ook nie vir die laaste twee rondes van die Safeway Ope en die Amerikaanse Ope kwalifiseer nie.

Spieth was Donderdag ná die eerste 12 putjies voor in die Houston Ope, maar hy het ses houe meer as baansyfer oor die laaste ses putjies aangeteken met ’n telling van 40 houe oor die laaste nege putjies.

Hy het dit opgevolg met 71 houe in die tweede ronde en kon nie die valbyl vryspring nie.

Intussen is die jong Chileen Joaquin Niemann se drome ook verby nadat hy positief vir Covid-19 getoets is.

Niemann, wat in 2018 die Latyns-Amerikaanse amateurkam- pioen was, het in sy laaste ses PGA-toernooie vyf keer tussen die top-25 geëindig. Hy het sy debuut in die Meesters in 2018 gemaak en is uitgenooi om vanjaar te speel ná sy sege in die Greenbrier Classic verlede jaar in September. – Reuters, BBC

Meer oor:  Jordan Spieth  |  Gholf  |  Amerikaanse Meesters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.