Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Stone jag vandag in Vilamoura

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Brandon Stone en meer as ’n handvol van sy landgenote is in die wedloop om vandag die Portugese Meesterstoernooi in Vilamoura te wen.

Stone (26), ’n boorling van Rustenburg, het straks reeds een hand op die titel nadat hy gister se derde ronde as voorloper voltooi het.

Die Suid-Afrikaner Brendon Stone is die ene konsentrasie tydens die Portugese Meesterstoernooi. Foto: Getty

Hy het ’n derde dag agtereenvolgens 66 houe aangeteken en bevind hom op 198, twee houe minder as sy landgenoot Dean Burmester en Engeland se Oliver Fisher. Dié twee is gesamentlik in die tweede plek.

Die 31-jarige Fisher was die voorloper ná die tweede ronde, maar het ’n effens teleurstellende 70 ná afloop van gister se spel op sy telkaart ingevul.

Drie ander Suid-Afrikaners, George Coetzee, Haydn Porteous en Justin Walters, bevind hulle saam met Wang Jeung-hun van Suid-Korea in die gesamentlike vyfde plek.

Maar gister het behoort aan Stone, wat ses voëltjies aangeteken het en homself 15 houe onder baansyfer bevind.

“Ek het vandag regtig die bal baie goed geslaan. Die stokke was in ’n baie goeie toestand,” het Stone volgens europeantour.com gesê.

“Dit was kompleks. Die vlaggies (van die putjies) was weggesteek en ek was gelukkig om ’n paar sethoue in te kry – en ’n goeie telling te behaal.

“Ek voel gemaklik met my spel en ook gemaklik met my swaai.”

Stone, wat sê dat hy en sy afrigter die laaste ruk aan sy swaai gewerk het, het ’n paar maer maande agter die rug.

Die enigste keer die afgelope amper ’n jaar dat hy ’n toernooi onder die voorste tien spelers geëindig het, was verlede jaar in Desember by die Suid-Afrikaanse Ope. Tog raak Stone nie meegevoer deur die vooruitsig van ’n oorwinning nie. “Die feit dat ek goeie gholf speel, help – maar dit is net nog ’n ronde gholf.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.