Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Stone onder voorlopers, Louis onttrek
Brandon Stone het die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper in die eerste ronde van die 100ste PGA-kampioenskap. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Brandon Stone, wat in Julie in die Skotse Ope geseëvier het, is ná die eerste ronde van die PGA-kampioenskap gesamentlik in die derde plek.

Die slegte nuus vir plaaslike gholfspelers is dat Louis Oosthuizen hom weens ’n seer rug aan die toernooi by die Bellerive-klub in St. Louis in die VSA moes onttrek.

Louis Oosthuizen moes hom weens ’n seer rug aan die toernooi onttrek. Foto: Getty Images

Supersport.com berig die Amerikaner Gary Woodland se ronde 64, ses houe onder baansyfer, het aan hom die voorsprong besorg.

Gary Woodland is die voorloper. Foto: Getty Images

Hy is een hou voor sy landgenoot Rickie Fowler.

Stone het Donderdag 66 houe gespeel en bevind hom saam met die tweemalige major-wenner Zach Johnson van die VSA op die voorloperbord.

“Ek het vandag regtig goed gevoel,” sê Stone.

“Ek het net probeer kalm bly en boonop ’n paar uitstekende sethoue gespeel.”

Oosthuizen het hom onttrek minder as ’n uur voor sy amptelike afslaantyd.

Die organiseerders van die toernooi het later bevestig Oosthuizen sukkel met ’n rugbesering.

Die Suid-Afrikaner, die Britse Ope-kampioen in 2010, het in 2017 in die PGA-kampioenskap by Quail Hollow tweede agter Justin Thomas geëindig.

Sy teëspoed beteken daar is nou slegs vyf Suid-Afrikaners wat om die titel meeding: Stone, Charl Schwartzel, Branden Grace, Dylan Frittelli en Justin Harding.

Tiger Woods en Rory McIlroy het die dag albei gelyk aan baansyfer voltooi.

Volledige uitslae.

– Sportredaksie

Meer oor:  Pga-Kampioenskap  |  Brandon Stone  |  Gholf  |  Louis Oosthuizen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.