Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Stone soek tuis slypkans voor PGA in VSA

Brandon Stone benader dié week se Limpopo-kampioenskap asook die daaropvolgende twee toernooie in die Sonskynreeks met een doel voor oë – as voorbereiding vir volgende maand se Amerikaanse PGA-kampioenskap.

Die Suid-Afrikaner Brandon Stone slaan Donderdag met groot ywer in die Limpopo-kampioenskap op die baan van die Euphoria-gholflandgoed af. Foto: Gallo Images

’n Sterk groep Suid-Afrikaanse spelers sal Donderdag op die baan van die Euphoria-gholflandgoed afslaan in ’n toernooi wat in samewerking met die Europese uitdaagreeks aangebied word. ’n Totale prysgeld van R3 miljoen is op die spel.

Die Kaapstadse Ope en Dimension Data Pro-Am volg die daaropvolgende naweke in die Moederstad en op Fancourt.

Die 21-jarige Wilco Nienaber is terug in die land vir die toernooi in Limpopo asook Daniel van Tonder, ’n nuwe lid van die Europese reeks.

Die land se voorste amateurspeler, Casey Jarvis, asook die opkomende ster Jayden Schaper sal Donderdag saam met die verdedigende kampioen, JC Ritchie, en die voormalige Suid-Afrikaanse Ope-kampioen James Kingston in die eerste ronde afslaan.

Stone sê hy glo die plaaslike spelers se mededinging sal hom help om lekker op dreef te kom voor die tweede major van die jaar, die PGA-kampioenskap op die Kiawah Island-baan in Suid-Carolina.

“Die spelers in die Sonskynreeks is ongelooflik goed en is volgens my van die beste in die wêreld.

“So, hierdie volgende drie weke teen ons beste spelers sal baie goeie voorbereiding voor die PGA-kampioenskap volgende maand wees.”

Die volgende drie weke is ’n groot geleentheid vir die spelers in die Sonskynreeks.

Dié driemalige wenner in die Europese reeks sien uit daarna om weer mededingende gholf te speel ná ’n frustrerende tydperk, waarin hy weens die Covid-19-pandemie tuis gestrand was.

“Ek sien baie uit daarna om weer te speel. Ek het weens ’n paar probleme met visums en reisbeperkings vir ’n hele ruk nie gespeel nie.

“Ek het baie rondes sosiale gholf gespeel en ek is baie tevrede met my spel op die oomblik.

“Nou is die uitdaging om dit in ’n beroepstoernooi te laat geld. Daar sal baie spelers wees wat met groot motivering sal speel. Die volgende drie weke is ’n groot geleentheid vir die spelers in die Sonskynreeks.

“Ons het drie fantastiese toernooie agtereenvolgens by die huis op bane waarmee ons almal vertroud is.

“Dit is vir almal ’n kans om daardie stappie boontoe te gee in ons loopbane.” – Sonskynreeks

Meer oor:  Pga-Kampioenskap  |  Sonskynreeks  |  Brandon Stone  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.