Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
‘Suinige’ Kuchar bloos ná sy ouma hom bel

Matt Kuchar kon nog skouers ophaal oor kritici wat hom op sosiale media vir sy suinigheid oor die kole gehaal het, maar om sy ouma teleur te stel, was beslis ’n ander kwessie.

Die Amerikaanse gholfspeler Matt Kuchar. Foto: Getty Images

Dié Amerikaner se reputasie as een van die goeie ouens in beroepsgholf is vroeër vanjaar groot skade berokken toe dit aan die lig gekom het dat hy sy joggie slegs $5 000 (sowat R70 000) betaal het nadat hy ’n wennerstjek van bykans $1,3 miljoen (sowat R18 miljoen) verdien het in die Mayakoba Classic in Mexiko in November.

Die gebruik in beroepsgholf is dat voltydse joggies sowat 10% van ’n wenner se prysgeld ontvang.

David Ortiz het daardie week vir Kuchar se gereelde joggie ingestaan en Kuchar het homself verdedig deur te sê dat die $5 000 meer was as wat hy vooraf met Ortiz afgespreek het.

Eers nadat Kuchar op sosiale media gekruisig is, het hy Ortiz se betaling opgestoot na $50 000.

“Ek’s nie aktief op sosiale media nie, so ek het nie al die kritiek teen my gesien nie,” het Kuchar vandeesweek in North Berwick, waar hy aan die Skotse Ope deelneem, gesê.

“Maar toe ek by my ouma hoor wat mense alles van my sê, was dit rêrig moeilik gewees.

“Sy het vir my gesê sy kan nie glo wat mense alles oor my sê nie. Jy probeer so hard om jou familie trots te maak en as die teenoorgestelde gebeur, is dit baie moeilik.”

Die 41-jarige Kuchar sê die betaling van joggies bly ’n “netelige” kwessie, maar hy glo dat hy dié omstredenheid nou agter hom kan sit.

Kuchar warm by die Skotse Ope op vir volgende week se Britse Ope, wat by Royal Portrush in Noord-Ierland beslis gaan word. Hy was in 2017 die naaswenner toe sy landgenoot Justin Spieth die Claret Jug verower het.

– Reuters

Meer oor:  Matt Kuchar  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.