Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Sweed sweet g'n oor Trump-erkenning

Die Sweedse gholflegende Annika Sorenstam sê sy het eenvoudig ’n afspraak nagekom toe sy vroeër vandeesmaand die presidensiële medalje van vryheid by Donald Trump ontvang.

Annika Sorenstam sê sy is nie een om haar besluite agterna te bevraagteken nie. Foto: Getty Images

Die seremonie, waartydens Suid-Afrika se Gary Player ook vereer is, het agter geslote deure plaasgevind ’n dag nadat betogers die kongresgebou in Washington bestorm het.

Sorenstam en Player is gekritiseer vir hulle besluit om Amerika se hoogste burgerlike toekenning by Trump te ontvang te midde van die onrus in Amerika.

Maar Sorenstam voer aan sy het ’n afspraak nagekom deur ’n seremonie by die Withuis by te woon wat aanvanklik verlede jaar sou plaasvind, maar weens die Covid-19 pandemie tot 7 Januarie uitgestel is.

“Wel, ek is nie een om myself agterna te bevraagteken nie. Dit was veronderstel om in Maart 2020 plaas te vind, dit gaan vir my eenvoudig oor die mense wat dit in die verlede ontvang het,” sê die 50-jarige wenner van tien major-titels.

“Ek wil nie enige energie mors deur terug te kyk nie, ek hou daarvan om my energie te gebruik deur vorentoe te kyk, om voort te gaan om deure oop te maak en geleenthede te skep vir jong meisies wêreldwyd.”

Die Suid-Afrikaanse sportlegende Gary Player is ook gekritiseer vir sy besluit om die eerbewys van Donald Trump te ontvang. Foto: Getty Images

Trump het duisende ondersteuners aangepor om na die kongresgebou op te ruk om druk op die wetgewers uit te oefen om Joe Biden se oorwinning om te keer. Hy het in ’n toespraak valslik beweer dat hy eintlik die verkiesing op 3 November gewen het.

Sy ondersteuners het later die kongresgebou bestorm en vyf mense is dood, insluitende ’n polisiebeampte, en baie is beseer.

Hoewel Sorenstam die aanval op die kongresgebou as ’n “donker dag in Amerika se geskiedenis” beskryf, rep sy nie ’n woord oor enige spyt dat sy die seremonie bygewoon het nie.

“Dit gaan alles daaroor om deure oop te maak. Dit is die een ding wat ek geleer het,” sê Sorenstam, op drie die speler met die meeste LPGA-titels (72).

“Baie mense het van hulle laat hoor – jy kan jou indink, baie menings, baie kommentare. Ek hoor duidelik wat daardie mense sê. Ek besef hulle beskou die kwessie anders. Maar ek luister en aanvaar hulle almal.”

Die vooraanstaande NFL-afrigter Bill Belichick het verlede week gesê hy sal weens die dodelike aanval in Washington nie Trump se aanbod van ’n presidensiële medalje van vryheid aanvaar nie.

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.