Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Thomas borg kwyt ná homofobie

Die kleremaatskappy Ralph Lauren het sy borgskap van die Amerikaanse gholfspeler Justin Thomas gestaak nadat hy vroeër vandeesmaand ’n homofobiese woord gebruik het.

Justin Thomas. Foto: Getty Images

Thomas, wat derde op die wêreldranglys is, het homself tydens die derde ronde van die Sentry-toernooi in Hawaii gekasty met die woord “f****t”, nadat hy ’n kort sethou gemis het. Dit is deur mikrofone opgetel en sy gebruik van die woord is onmiddellik wyd veroordeel.

“Dis onverskoonbaar,” het die 27-jarige Thomas self ná sy ronde te kenne gegee.

Ondanks Thomas se verskoning oor sy taalgebruik het Ralph Lauren hom die rug toegekeer en gesê die voorval laat hulle “mismoedig”.

Thomas se taalgebruik, het die maatskappy bygevoeg, “is in skrille kontras met ons waardes. Hoewel ons erken dat (Thomas) om verskoning gevra het en die erns van sy woorde besef, is hy ’n betaalde ambassadeur van ons handelsmerk en is sy optrede in teenstelling met die inklusiewe kultuur wat ons nastreef.”

Die Amerikaanse PGA-reeks het nog nie opgetree teen Thomas nie, maar die verwagting is dat hulle hom sal beboet. – BBC, Sportredaksie

Meer oor:  Justin Thomas  |  Ralph Lauren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.