Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Thomas (weer) wêreldgholf se nr. 1
Justin Thomas het Sondag die WGC St. Jude-toernooi op die TPC Southwind-baan in Memphis, Tennessee, met drie houe gewen. Foto: Getty Images

Jon Rahm se tyd as die nommer een op die gholfwêreldranglys was van korte duur met die Amerikaner Justin Thomas wat hom, danksy sy 13de sege in die PGA-reeks, onttroon het.

Thomas het Sondag die WGC St. Jude-toernooi op die TPC Southwind-baan in Memphis, Tennessee, met drie houe gewen.

Die 27-jarige Thomas was berekend en foutloos in die laaste ronde en het vir ’n 65, vyf houe onder baansyfer, op sy telkaart geteken.

Sy landgenote Daniel Berger (65), Phil Mickelson (67) en Brooks Koepka (69) en die Engelsman Tom Lewis (66) was gesamentlik tweede op 270 houe (–10).

Koepka, die verdedigende kampioen, het aanvanklik in Thomas se nek geblaas, maar dit was nie lank die geval nie toe Thomas vier voëltjies oor die eerste nege behaal het.

Met dié oorwinning is Rahm se tyd as die voorste speler in wêreldgholf tot twee weke beperk.

“Dit was harde werk. Afgesien van daardie vrot kaphou op die 12de, was my bofhoue naby aan perfek.

Ek was in ’n posisie wat ek voëltjies op elk van die eerste tien putjies kon gekry het. Dit is eintlik bisar.
Justin Thomas

“Ek was in ’n posisie wat ek voëltjies op elk van die eerste tien putjies kon gekry het. Dit is eintlik bisar.

“Die manier waarop ek dit gedoen het, beteken baie vir my selfvertroue,” het Thomas gesê.

Hy het in 2018 ook die eerste posisie op die wêreldranglys beklee.

Brooks Koepka

Koepka was nooit heeltemal uit die wedloop nie, maar ’n swak bofhou wat op die 18de putjie in die water beland het, het dit gedane sake gemaak.

“Ek voel goed en ek is tevrede met al die aspekte van my spel. Daar was goeie sethoue wat nie in die blikkie beland het nie,” het Koepka sy poging in die vierde ronde opgesom.

Thomas, Koepka, Rahm en Bryson DeChambeau is die groot gunstelinge in die opbou tot die naweek se PGA-kampioenskap, wat Donderdag op die TPC Harding Park-baan in San Francisco, Kalifornië, begin.

Louis Oosthuizen, Erik van Rooyen, Christiaan Bezuidenhout, Charl Schwartzel, Dylan Frittelli en Shaun Norris is die Suid-Afrikaners wat in die eerste major-toernooi van die jaar in aksie sal wees.

Branden Grace moes hom die afgelope naweek aan die Barracuda-kampioenskap onttrek nadat hy positief vir die koronavirus getoets is.

Die Buffelsbaaier is in selfisolasie en sal nie aan die toernooi deelneem nie. – Reuters

Meer oor:  Jon Rahm  |  Justin Thomas  |  Brooks Koepka  |  Vsa  |  Pga-Reeks  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.