Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Thomas wil só ’n beter mens word

Justin Thomas gaan ’n “oefenprogram” aanpak om ’n beter mens te word en sê hy besef waarom Ralph Lauren sy borgskap met hom beëindig het ná sy homofobiese uitlating onlangs in ’n toernooi.

Ralph Lauren het sy borgskapsooreenkoms met dié 13-malige wenner in die PGA-reeks summier gestaak nadat Thomas ’n homofobiese woord gebruik het toe hy ’n korterige sethou verbrou het in die Sentry-toernooi in Hawaii vroeër vandeesmaand.

Die Amerikaner Justin Thomas slaan Woensdag ’n hou uit die sandkuil in die eerste ronde van die Abu Dhabi-kampioenskap. Foto: Getty Images

’n Mikrofoon het dit opgetel en die gebruik van die woord f****t is onmiddellik deur die PGA-reeks veroordeel.

Thomas was ná afloop van sy ronde onbewus van die herrie wat hy veroorsaak het en het onverwyld verskoning gevra.

Ralph Lauren sê in ’n verklaring die optrede laat hom moedeloos en is strydig met sy waardes.

“Dit is nie ’n woord wat ek gebruik nie, maar vir een of ander rede het dit uitgeglip. Ek weet eintlik steeds nie hoe dit gebeur het nie,” het Thomas voor die begin van die Abu Dhabi-kampioenskap aan verslaggewers gesê.

“Dit gaan deel wees van die proses en oefenprogram. Dit wat nodig gaan wees om nie net aan myself nie, maar ook my borge en mense wat my nie ken nie, te bewys dit is nie die mens wat ek is nie.”

Thomas het met sy ander borge oor die voorval gepraat en hy sê hulle verstaan dit bied hom die kans “om te groei en ’n beter mens te word”.

Hy respekteer ook Ralph Lauren se besluit ná die skade wat hy die maatskappy se handelsnaam berokken het.

“Hulle moes doen wat hul moes doen. Hulle is ’n groot wêreldwye handelsnaam en ek moet hul besluit respekteer.

“Ek was nie teleurgesteld nie, want ek het hulle in ’n moeilike posisie geplaas.

“Ek was eerder ontsteld, want ek het ’n wonderlike vennootskap met baie mense by Ralph Lauren gehad. Dit is nou gedane sake en tyd om aan te beweeg.” – Reuters

Meer oor:  Justin Thomas  |  Gholf  |  Homofobie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.