Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiener maak gholf-geskiedenis

Die Engelse tiener Josh Hill het met sy sege in die Al Ain Ope op die ouderdom van 15 jaar, ses maande en 27 dae die jongste manswenner van ’n toernooi geword met amptelike gholf-wêreldranglyspunte (OWGR) op die spel.

Die 15-jarige Josh Hill is ’n splinternuwe gholf-rekordhouer. Foto: Getty Images

Hill, wat in Dubai gebore is, het Woensdag in sy laaste ronde ’n telling van 62, agt onder die baansyfer, aangeteken om met twee houe te seëvier.

Daarmee het hy die vorige rekord wat deur Ryo Ishikawa in 2007 opgestel is, verbeter. Ishikawa het as amateurspeler die KSB Cup-titel op die ouderdom van 15 jaar en agt maande gewen.

Hill is weens sy amateurstatus nie toegelaat om die prysgeld van $13 500 in sy sak te steek nie. Die wentjek het daarom aan die Engelsman Harry Ellis, wat tweede geëindig het, gegaan.

“Ek weet regtig nie wat om te sê nie, ek is geskok,” sê Hill, die jongste lid van Engeland se o.18-groep.

“As jy my sou vertel het dat ek hierdie seisoen ’n MENA-titel teen beroepspelers gaan wen en die jongste wenner van ’n OWGR-toernooi sou word, sou ek vir jou gelag het.

“Ek reken maar harde werk lewer dividende.”

Die voormalige Meesters-kampioen Danny Willett het die prestasie as “voorwaar indrukwekkend” beskryf en die sesmalige major-wenner Nick Faldo het op Twitter gesê: “Goed gespeel Josh... wat is volgende vir jou?”

Die MENA-reeks, wat in die Midde-Ooste en Noord-Afrika beslis word, het drie jaar gelede begin om amptelike wêreldranglyspunte aan wenners toe te ken.

– Reuters

Meer oor:  Owgr  |  Gholf  |  Mena  |  Josh Hill
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.