Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger en seun (11) speel baan aan die brand
Tiger Woods en sy 11-jarige seun, Charlie Woods. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse gholfspeler Tiger Woods en sy 11-jarige seun, Charlie, het Saterdag se eerste dag van ’n vertoonbyeenkoms in Orlando, Florida, vier houe agter die voorlopers afgesluit.

Span Woods het die PNC-kampioenskap begin met ’n 62, 10 houe beter as die baansyfer, wat hulle in die gesamentlike sesde plek gelaat het. Altesaam 20 spanne neem deel en bestaan almal uit wenners van majors en die PGA se Spelerskampioenskap, wat saam met ’n familielid deelneem.

“Eerstens, en die belangrikste, is ek ’n pa,” het Woods ná die eerste ronde gesê.

“Maar daar is daardie mededingendheid wat ek en Charlie albei het, en ons wil wen. Om saam te wees en op mekaar te moes staatmaak, was ongelooflik.”

Om saam te wees en op mekaar te moes staatmaak, was ongelooflik.
Tiger Woods

“Ek probeer seker maak dat ek die regte omgewing vir Charlie skep en deel daarvan is om seker te maak dat ek al hierdie dinge doen (met verwysing na die mediaverpligtinge), sodat hy kan oefen en die gholf geniet. Ek sal na die ander dinge omsien.”

Span Woods sal Sondag saam met die tweemalige major-kampioen John Daly en sy 16-jarige seun, “Little John”, speel.

Matt Kuchar en sy 13-jarige seun, Cameron, was voor op die telbord ná die eerste ronde. Hulle was twee houe voor Greg Norman en sy seun Greg jr. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  John Daly  |  Greg Norman  |  Florida  |  Amerika  |  Seun  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.