Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger en sy seun speel saam in toernooi
Tiger Woods en sy seun, Charlie, op die Amerikaanse Ope-tennistoernooi in 2019. Foto: Getty Images

Tiger Woods en sy 11-jarige seun, Charlie, gaan saam meeding in volgende maand se PNC-kampioenskap by die Ritz-Carlton-gholfklub in Orlando, Amerika.

Dié byeenkoms, voorheen bekend as die Pa/Seun-uitdaging, nooi PGA- en LPGA-majorwenners uit om saam met ’n familielid as ’n span mee te ding.

The Telegraph berig Woods (44), ’n wenner van 15 major-titels, sal sy debuut op die toernooi maak.

Charlie het vroeër vanjaar agtereenvolgende junior toernooie in Florida met ’n gesamentlike agt houe gewen.

“Hy begin by die ding inkom,” sê Woods, wat in 82 PGA-toernooie geseëvier het en op verskeie junior byeenkomste opgemerk is waar hy sy seun se sak dra.

“Hy begin verstaan hoe om te speel. Hy vra my die regte vrae. Dit is vet pret om saam met hom op die baan te wees. Dit herinner my so baie aan ek en my pa.”

Die voormalige FedExCup-kampioen Justin Thomas en sy pa, Mike, sal ook vanjaar vir die eerste keer op die toernooi in aksie wees, terwyl die Duitse legende Bernhard Langer en sy seun Jason ook om die titel sal meeding.

Die toernooi word weens die Covid-19-pandemie sonder toeskouers beslis en word van 17 tot 20 Desember gespeel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf  |  Charlie Woods
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.