Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger Woods ‘in goeie bui’ in hospitaal

Tiger Woods is aan die herstel en in “ ’n goeie bui” nadat hy suksesvolle opvolgprosedures ondergaan het vir beserings wat hy die afgelope week in ’n motorongeluk opgedoen het.

Dit is luidens 'n Twitter-verklaring Saterdagoggend deur die Amerikaner se span.

Die wrak van Tiger Woods se kar nadat hy Dinsdag in ’n motorongeluk was. Foto: Getty Images

Woods, wat as een van die beste gholfspelers van alle tye beskou word, word in die Cedars-Sinai Mediese Sentrum in Los Angeles behandel nadat hy Dinsdag in ’n motorongeluk was.

Hy het sy regterbeen en enkel gebreek.

“Tiger en sy familie wil julle almal bedank vir die wonderlike ondersteuning en boodskappe wat hulle die laaste paar dae ontvang het,” lui die verklaring.

“Ons het nie enige verdere inligting in dié stadium nie.”

Die 45-jarige Woods moes verskeie operasies ondergaan en oorkom voordat hy in 2019 ’n major-droogte van 11 jaar kon verbreek om die Meesterstoernooi te wen. Sedert daardie sukses (wat die 15de major van sy glinsterende loopbaan opgelewer het), kon hy nog nie weer soortgelyke hoogtes bereik nie. Hy was boonop so onlangs as Desember onder die mes vir die vyfde rugoperasie van sy lewe.

Nietemin het Woods gehoop om in April by Augusta deel te neem.

Die ongeluk het die wêreld van beroepsport geskok en selfs reaksie by die voormalige Amerikaanse presidente Donald Trump en Barack Obama uitgelok. – Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.