Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger keer in Jack se toernooi terug

Tiger Woods, die heersende Amerikaanse Meesterskampioen, sal aanstaande week uiteindelik weer in die PGA-reeks in aksie wees.

PACIFIC PALISADES, CALIFORNIA - FEBRUARY 16: Tiger
Tiger Woods. Foto: Getty Images

Woods, ’n vyftienmalige major-wenner, het Donderdag gesê hy sal in aanstaande week se Memorial-toernooi in Ohio vir die eerste keer sedert Februarie toernooi-gholf speel.

Die gholflegende Jack Nicklaus is die gasheer van dié toernooi.

“Ek sien uit daarna om aanstaande week in die Memorial-toernooi te speel,” het Woods getwiet.

“Ek het dit gemis om mee te ding en kan nie wag om weer daarbuite te wees nie.”

Woods sal probeer om ’n gróót rekord te verbeter, wanneer hy die 83ste PGA-titel van sy loopbaan in Ohio jaag. Hy is tans saam met Sam Snead die gesamentlike gulsigste wenner ooit in die PGA-reeks, met 82 seges agter sy naam.

Woods het die Memorial-kroon al vyf keer gewen – in 1999, 2000, 2001, 2009 en 2012.

Soos elke ander toernooi sedert die hervatting van Amerikaanse gholf, sal toeskouers nie by Muirfield Village toegelaat word nie. Aanvanklik is beplan dat die baan met 20% van sy toeskouer-kapasiteit gevul kan word, maar ’n toename in koronavirus-gevalle het ’n stokkie voor dit gesteek. – Sport24

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.