Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger maak geskiedenis met PGA-sege

“Dit is mal,” was Tiger Woods se reaksie nadat hy Maandag gholfgeskiedenis gemaak het deur die plaaslike gunsteling Hideki Matsuyama op die Zozo-kampioenskap in Japan met drie houe te klop.

Tiger Woods spog met sy trofee. Foto: Getty Images

BBCSport berig die wenner van 15 major-titels het die toernooi 19 houe onder baansyfer voltooi om sy Amerikaanse landgenoot Sam Snead se rekord van 82 PGA-oorwinnings wat 54 jaar gelede behaal is, te ewenaar.

Woods (43) het twee maande gelede ’n operasie op sy linkerknie ondergaan – die vyfde prosedure op dieselfde ledemaat – en hierdie was sy eerste toernooi van die seisoen in sy 23ste in die PGA-reeks.

“Dit is mal. Dit is baie om in te neem,” sê hy.

“Ek was vir die grootste deel van my loopbaan in staat om konstant te wees en vandag was een van daardie dae wat ek die wa deur die drif kon trek.

“Ek weet hoe om te speel en ek was in staat om dit hier te doen.”

Die vierde ronde van die reën-geteisterde toernooi is Sondag uitgestel. Woods het ’n voorsprong van drie houe oor Matsuyama geniet toe spel Maandag voortgesit is in die eerste amptelike PGA-toernooi in Japan.

Hy het ’n brouhou en twee voëltjies behaal om die toernooi op 261 houe te eindig.

Rory McIlroy, die hoogste gekeurde speler by die Accordia Golf Narashino-buiteklub, het 67 in sy laaste ronde aangeteken om saam met Sungjae Im die derde plek te deel.

“Dit was ’n lang week,” sê Woods, wat sy eerste PGA-oorwinning 23 jaar gelede in Las Vegas as 20-jarige behaal het.

“Om vyf dae boaan die voorlopersbord deur te bring is ’n lang tyd.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.