Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger (nog) nie in Ryderbeker-span

Die naam van Tiger Woods was nie een van die agt wat die Amerikaanse Ryderbeker-kaptein, Jim Furyk, Maandag uitgelees het toe hy die outomatiese kwalifiseerders aangekondig het nie – maar daar is min twyfel dat die 14-malige major-kampioen in die span sal wees.

Jim Furyk Maandag tydens die aankondiging van die eerste agt spelers in die VSA se Ryderbeker-span. Foto: USA Today Sports

Furyk het nie reguit geantwoord toe hy gevra is of hy Woods vroeg in September as een van die VSA-span se vier kapteinskeuses vir die Ryderbeker (wat van 28 tot 30 September in Frankryk sal plaasvind) gaan aanwys nie, maar hy het nie gehuiwer om die veteraan met die heuningkwas te takel nie.

“Dis ’n goeie vraag,” was sy antwoord toe hy gevra is of hy dink Woods kan die Amerikaanse span help. “Hy speel baie goed en daar is baie mense wat dink hy kan. Ek is regtig opgewonde oor Tiger Woods.”

Woods was in 2016 ’n onderkaptein toe die Yanks die Ryderbeker in Minnesota gewen het, en Furyk het dit duidelik gemaak dat hy weer in daardie kapasiteit sal Frankryk toe gaan as hy nie ’n kapteinskeuse is nie.

“(Sy bydrae is) om eerlik te wees van onskatbare waarde. Hy was ’n groot hulp vir ons kapteins. Dis ’n reuse-hupstoot om die beste speler nog aan jou kant te hê.”

Woods het 11de geëindig op die Amerikaners se Ryderbeker-kwalifiseringslys en bevind hom nou in die 26ste plek op die wêreldranglys. Dít nadat hy 2017 buite die top-650 afgesluit het.

Die agt mans wat boaan die punteleer geëindig het, is outomaties ingesluit in Furyk se span. Die wêreld se drie voorste spelers – Dustin Johnson, die tweemalige 2018-major-wenner Brooks Koepka en Justin Thomas – asook die Meesterskampioen Patrick Reed het reeds voor die naweek se PGA-kampioenskap hul plekke in die span bespreek.

Jordan Spieth, Bubba Watson, Webb Simpson en Rickie Fowler het hul reg om te speel by Bellerive verseël.

Al agt dié spelers is in die top-20 op die wêreldranglys. Sewe van hulle is in die top-14, met die 20ste gekeurde Simpson die uitsondering.

Meer oor:  Tiger Woods  |  Jim Furyk  |  Ryderbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.