Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger: Oorsaak bekend, bly geheim

Die besonderhede van die oorsaak van Tiger Woods se motorongeluk sal eers bekendgemaak word as die polisie die Amerikaanse gholfster se toestemming ontvang.

Werkers verwyder die wrak van Tiger Woods se motor in Rancho Palos Verdes, Kalifornië. Foto: Getty Images

Alex Villanueva van die Los Angeles-polisie het Woensdag gesê hul ondersoek is afgehandel, maar die besonderhede is nie met die publiek gedeel nie.

“Ons het Tiger Woods en sy personeel gekontak,” sê Villanueva. “Daar is ’n paar kwessies wat privaatheid betref voordat ons die inligting oor die ondersoek kan bekendmaak, so ons moet eers hul toestemming kry.

“Jy kry ongelukke en jy kry dade met opset. Dit was ’n ongeluk hierdie, goed?”

Woods (45) het in die ongeluk in Februarie verskeie beserings aan sy regteronderbeen opgedoen en ’n pen is onder meer in sy tibia aangebring.

Hy is bewusteloos in die wrak gevind en het destyds aan die polisie gesê hy kan nie onthou dat hy daardie oggend sy motor bestuur het nie.

Woods is in twee hospitale behandel voordat hy verlede maand ontslaan is om verder by die huis te herstel.

Sy Genesis-sportnutsvoertuig het ’n “swart boks” bevat wat volledige data van al sy ritte versamel.

“Ons het al die inhoud van die swart boks,” sê Villanueva.

“Die ondersoek is afgehandel, onderteken en afgelewer. Ons kan dit egter nie bekendmaak sonder die toestemming van die mense wat in die ongeluk betrokke was nie.” – Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.