Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger reg om stokke te swaai ná operasie

Tiger Woods het Maandag bevestig hy is ná ’n onlangse knie-operasie op koers om sy terugkeer by vandeesweek se Zozo-gholftoernooi in Japan te maak.

Tiger Woods groet van sy ondersteuners in Japan tydens ’n oefenrondte. Foto: Getty Images

Op sy eerste mediakonferensie ná ’n artroskopieprosedure op sy linkerknie in Augustus, het Woods geen twyfel gelaat nie dat hy reg sal wees vir Donderdag se openingsronde in die Amerikaanse PGA-reeks se eerste amptelike toernooi in Japan.

Hy het ook onthul die knie het hom die hele jaar gepla, ook tydens sy beroemde sege in die Amerikaanse Meesterstoernooi. Hy wou die knie al teen die einde van verlede jaar laat opereer het, maar het dit uitgestel.

“Dit het al hoe slegter geword en selfs later my setwerk beïnvloed,” sê die wenner van 15 Grand Slam-toernooie.

Sy seisoen het uitgerafel nadat hy die Meesters in April gewen het.

“Ek wou fiks en reg wees vir die einde van die jaar en ek het gesukkel om dinge bymekaar te hou. Dit voel goed om oor hierdie hobbel te kom en nou gaan dinge weer teen volle vaart. Ek is opgewonde om nou weer hier teen die einde van die jaar te kan speel,” sê Woods.

Hy het by die Narasjino-buiteklub gepraat voor ’n uitdaagtoernooi teen Rory McIlroy, Hideki Matsuyama en Jason Day. Terwyl dit pret en plesier sal wees, sal dit egter van Donderdag af ernstige sake wees.

Dit sal die 43-jarige Woods se laaste kans wees om sy spelpeil te oordeel voordat hy moet besluit of hy vir die Amerikaanse span, waarvan hy die kaptein is, gaan speel in die Presidentebeker-toernooi teen die internasionale span. Dié toernooi vind in Desember in Melbourne plaas. 

– Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.