Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger se outobiografie op pad
Tiger Woods saam met sy meisie, Erica Herman. Foto: Getty Images

Tiger Woods skryf ’n outobiografie wat die uitgewers as ’n “openhartige en intieme narratief van ’n groot Amerikaanse lewe” beskryf.

“Back” word met die volle samewerking van Woods (43) se familie, vriende en binnekring geskryf. ’n Datum vir die bekendstelling van die memoir moet nog bevestig word.

“Hierdie boek is my volle verhaal. Dit is my woorde en gee uiting aan my gedagtes. Dit beskryf hoe ek voel en wat in my lewe gebeur het,” sê die wenner van 15 major-titels in ’n verklaring van die uitgewer, HarperCollins.

“Ek werk voortdurend daaraan en ek sien daarna uit om die proses te voltooi en iets te skep wat mense sal wil lees.”

Woods het van kindsbeen af ’n geniale talent vir gholf getoon en as beroepspeler sedert 1996 feitlik eiehandig die sport herdefinieer.

Hy het die era van multimiljoen dollar borgskappe en lonende verskyningsfooie ingelei en het die beeld van gholf as ’n sport vir die manlike, wit middelklas vir ewig verander.

Woods het in 2010 ’n hoëprofiel egskeiding gehad nadat sy ontrouheid op die lappe gekom het en hy het beroepsgholf tydelik vaarwel geroep. Baie mense het gemeen hy is verby sy beste toe hy in 2017 vir dronkbestuur in hegtenis geneem is en verskeie knie- en rugoperasies moes ondergaan.

Maar Woods se terugkeer na die kruin was soos uit ’n sprokie toe hy in April in die Meesters-toernooi geseëvier het vir sy eerste major-titel in 11 jaar.

– Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Back  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.