Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Woods se setstok haal rekordbedrag
Tiger Woods het 14 van sy 15 major-titels met hierdie setstok beklink. Foto: Getty Images

’n Replika van Tiger Woods se beroemde Scotty Cameron Newport 2-setyster is die afgelope naweek vir $154 928 op ’n veiling verkoop, berig golf.com.

Dié setstok is vervaardig as ’n presiese replika vir Woods indien iets met sy oorspronklike Scotty Cameron Newport 2 sou gebeur, die stok wat die Amerikaner ingespan het in 14 van sy 15 major-oorwinnings.

Die setyster is deur Golden Age Auctions opgeveil, dieselfde afslaers wat vroeër vanjaar Jack Nicklaus se Rolex verkoop het. Dié horlosie het $1,22 miljoen gehaal.

Tiger se plaasvervanger-setstok het net onder $155 000 gehaal, die meeste wat tot nog toe vir ’n setyster betaal is.

’n Vorige “plaasvervanger”-Scotty Cameron Newport 2 is verlede jaar vir byna $90 000 verkoop.

Elke model verskil effens van die oorspronklike, maar die een wat mees onlangs opgeveil is, is die naaste aan die ware Jakob wat greep, kenteken en stanswerk betref.

Woods besit steeds die oorspronklike model en gebruik dit wanneer hy meeding.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.