Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger se visier op Olimpiese Spele
Tiger Woods wil in die Olimpiese Spele meeding. Foto: Getty Images

Die gholflegende Tiger Woods se visier is gerig op deelname aan volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio.

Gholf het in 2016 sy terugkeer na die Spele gemaak ná ’n afwesigheid van 112 jaar, maar Woods het die sportskouspel weens beserings misgeloop.

“Dit is my groot doelwit om die span vir die Spele te haal,” sê die wenner van 15 major-titels.

“Ek glo nie ek gaan ná volgende jaar veel meer geleenthede kry nie.”

“Vier jaar van nou af, met die volgende Spele, gaan ek 48 jaar oud wees. Dit gaan taai wees om teen daai tyd een van die top Amerikaanse spelers te wees.

“Ek het my eerste Spele in Los Angeles (1984) bygewoon. So, om nou die geleentheid te hê om deel te wees van die Spele, met gholf weer een van die sportsoorte, is ’n belangrike aspek vir ons en die groei van die spel. Ek wil graag daarvan deel wees.”

Woods kry ’n voorsmaak van gholf in Japan wanneer hy saam met spelers soos Rory McIlroy, Jason Day en Hideki Matsuyama op 21 Oktober in die “The Challenge: Japan Skins”-toernooi verskyn.

Die Amerikaner, wat vroeër vanjaar sy major-droogte van 11 jaar gebreek het met die Meesters-titel, sê hy is verheug om weer op die boonste vlak mee te ding nadat beserings vier rugoperasies tussen 2014 en 2017 genoop het.

“Om terug te kom van waar ek was (met beserings) en om twee seges in die afgelope twee jaar te behaal – ek kon myself dit destyds nie indink nie, voor my operasies.

“So ek is net opgewonde en verheug om weer op hierdie vlak mee te ding. Ek het dit gemis. Ek het die mededinging teen hierdie ouens gemis.

“Die interessante ding is terwyl ek buite aksie was het ’n hele nuwe generasie opgang gemaak teen wie ek nooit eintlik meegeding het nie.

“Of dit nou Jordan (Spieth), JT (Justin Thomas), Bryson (Dechambeau) of Patrick (Reed) was, hierdie ouens het pas op die toneel verskyn en ek het dit misgeloop.

“Nou is hulle gevestig en ek maak my terugkeer, so dit is pret om saam met hulle te speel, nie eens gepraat van sommige van die ouer spelers nie.”

Indien Woods vir die Spele wil kwalifiseer, gaan hy waarskynlik ’n hele klomp van die bogenoemde spelers moet uitstof vir ’n plek in die Amerikaanse span.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tiger Woods  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.