Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger speel saam met Rory, Brooks
Tiger Woods het sedert Februarie nie mededingende gholf gespeel nie. Foto: Getty Images

Tiger Woods sal saam met Brooks Koepka en Rory McIlroy by vandeesweek se Memorial-toernooi afslaan waar die wenner van 15 major-titels vir die eerste keer in die PGA-reeks gaan speel sedert die begin van die Covid-19-inperkingstyd.

Die 44-jarige verdedigende Meesters-kampioen skort een oorwinning vir ’n PGA-rekord van 83 seges. Hy het in Februarie laas meegeding voordat rugprobleme hom langs die kantlyn gelaat het.

Woods het die Memorial-titel, een van die toernooie met die hoogste profiel in die PGA-reeks buiten die vier majors, reeds ’n rekord-vyf-keer gewen.

Die gholfsterre Rory McIlroy en Brooks Koepka. Foto: Getty Images

Sy Amerikaanse landgenoot Koepka sal ook graag sy beste spelpeil wil herwin nadat hy by verlede week se Workday Charity-toernooi onder die valbyl beland het.

Noord-Ierland se McIlroy, die wêreld se voorste speler, sal self poog om nog ’n titel vir die seisoen in te palm nadat hy by die WGC-HSBC-kampioenskap geseëvier het.

Die Memorial is die tweede van agtereenvolgende toernooie by Ohio se Muirfield Village-baan. Die twee mees onlangse PGA-wenners, Bryson DeChambeau en Collin Morikawa, ding ook mee.

Die Amerikaanse gholfster Phil Mickelson sal vir die 20ste keer in die Memorial-toernooi speel. – Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Koronavirus  |  Gholf  |  Pga  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.