Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger: ‘Stil’ Meesters onthutsend

Die weer, geen toeskouers: Vanjaar se Meesters gaan baie anders wees nadat dit weens die Covid-19-pandemie van April na November uitgestel is.

Maar Tiger Woods sê wat hom die meeste gaan onthuts, is die afwesigheid van die bekende Augusta National-klankbaan.

Tiger Woods, die verdedigende Meesterskampioen. Foto: Getty Images

Selfone word verbied en daar is slegs ’n handvol telborde rondom die baan, dus maak spelers staat op die luide gejuig van die skare om op die hoogte te bly van hoe sake vir hul teenstanders verloop.

Die afwesigheid van toeskouers gaan die spelers in die duister laat, meen Woods.

“Die plek het nie sy gelyke nie,” sê die wenner van 15 major-titels.

“Klank eggo daar, dit trek ver. As jy die groeperings ken, weet jy waar sekere spelers op daardie spesifieke tyd sal wees en jy kan uitpluis wie wat doen.

“Die gejuig vir sommige spelers is luider as ander en dan hoor jy hoe word daar gejuig vir arende of kolhoue op die 16de, of waar dit ook al mag wees.”

Die Amerikaner erken sy voorbereiding gaan anders wees vir die toernooi voordat hy sy titel van 12-15 November probeer verdedig.

“Dit is nie gewoonlik hierdie tyd van die jaar nie, die feit dat die Meesters in November beslis word, dit is ongekend, dit is nog nooit voorheen gedoen nie,” sê hy.

“Ek kan nie soos gewoonlik voorberei nie; ek dink nie enigiemand kan nie.

“Selfs die weer gaan anders wees vir 2020 se laaste major-toernooi, wat gewoonlik die eerste een van die jaar is.”

– Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Meesters  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.