Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger trap glo petrol in stede van rem

Tiger Woods het die spoedbeperking byna met dubbel die snelheid oorskry in sy motorongeluk in Februarie, sê die polisie in Los Angeles.

Tiger Woods het die spoedgrens oorskry toe hy in Februarie in ’n motorongeluk was. Foto: Getty Images

Woods (45), wenner van 15 major-titels, is op 23 Februarie deur brandweermanne en paramedici bewusteloos uit die wrak van sy Genesis-sportnutsvoertuig gehaal. Hy het ernstige beserings aan sy regterbeen, voet en enkel opgedoen en moes verskeie operasies ondergaan.

Die Amerikaanse gholfster het destyds aan die polisie gesê hy kan nie onthou dat hy daardie oggend sy motor bestuur het nie. Woods is in twee hospitale behandel voordat hy verlede maand ontslaan is om verder tuis te herstel.

Hy het volgens owerhede in Los Angeles tussen 135 km/h en 140 km/h in die Rolling Hills Estates-gebied gery toe hy beheer oor sy voertuig verloor het. Die spoedperk is 70 km/h.

Die stuk pad waarop die ongeluk plaasgevind het, is bekend daarvoor dat dit gevaarlik is.

Woods se motor het teen 120 km/h beweeg toe dit ’n boom getref het. Die polisie het bevestig dat daar geen bewyse gevind kon word dat Woods ten tyde van die ongeluk onder die invloed van alkohol of dwelms was nie.

Die voertuig se dataopnemer wys dat Woods nie rem getrap het nie, maar eerder op die versneller getrap het. Dit dui daarop dat hy dalk per ongeluk die versneller in plaas van die rem getrap het toe hy sy motor tydens die ongeluk probeer beheer het.

Die wrak van Woods se sportnutsvoertuig. Foto: Getty Images

Woods, wenner van 82 PGA-titels, se afwesigheid by vandeesweek se Amerikaanse Meesterstoernooi is ’n gevoelige slag vir die organiseerders by Augusta. Dit was hier in 2019 waar hy sy major-droogte van 131 maande verbreek het en die sportwêreld weer aan sprokiesverhale laat glo het.

Hy sal die toernooi by sy huis in Florida volg waar hy saam met sy gesin herstel. 

Woods het op Twitter diegene bedank wat hom deur die proses bygestaan het.

– Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.